Nelspruit

Page: 3

‘n Lid van die Valke se elite Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoekeenheid is gister deur sy kollegas in hegtenis geneem in verband met kontant-in-transito rooftogte. Ondersoekbeampte Petrus Dokter Nkosi, het gister op verskeie aanklagte, insluitend sameswering om kontant-in-transito en gewapende roof te pleeg, voor die Nelspruit streekshof verskyn. Hy word ook van geldwassery, en die ongemagtigde gebruik […]

‘n Verdagte wat glo ‘n slagoffer met ‘n mes by ‘n Nelspruit OTM beroof het, is deur ‘n plaaslike sekerheidsmaatskappy gevang en polisiestasie toe geneem. Callum McPherson, Hi-Tech Sekuriteit, sê hulle Rapid Response-eenheid het die groep verdagtes in hulle voertuig gejaag, waarna een persoon in hegtenis geneem kon word. Nog ‘n verdagte is op dieselfde […]

Elke jaar streef die Kishugu Laeveld Lugskou na groter en beter en meer opwindend. Met ‘n tema soos Rock the Runway, sal dit hierdie jaar nie net vliegtuie wees wat geraas maak nie, aangesien rock-en-roll musiek ook die aanloopbaan gaan laat bewe, waar ‘n partytjie na die skou gehou sal word. Alles van Elvis, The […]

Indien slegs die helfte van die inwoners in Mbombela R10 per maand aan die plaaslike DBV skenk, kan al hul maandelikse onkostes gedek word. Die voertuie en geboue kan gehandhaaf word, en ekstra honde- en kwarantyn-fasiliteite kan opgerig word. Veeartse kan vir hul dienste betaal word. Gaan kyk gerus op ons Facebook-blad vir hul bankbesonderhede. […]

Diefstal uit voertuie in die Nelspruit-omgewing bly ‘n groot probleem. Daar was vroeër die week ‘n insident in die parkeerterrein van die Westend Spur toe ‘n verdagte uit ‘n silwer Volkswagen Polo sonder nommerplate, geklim het, en in ‘n vrou se voertuig probeer klim het. Die slagoffer was glo besig met haar kind aan die […]

Twee mense is dood na ‘n Toyota Hilux bakkie gisteraand in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n taxi in die Hilltop-pas, betrokke was. Volgens ooggetuies het die bakkie in die rigting van Barberton gereis toe die bestuurder glo om ‘n draai beheer oor die voertuig  verloor het. Die bakkie het glo die klippe langs die pad […]

‘n Laeveld sakeman het voor die Nelspruit Streekshof  op ‘n aanklagte van bedrog verskyn. Voormalige direkteur van Vinoja Trading, Robert Ngomane, het glo tussen 2010 en 2013 vals fakture aan SARS gestuur. Dit was na sy maatskappy ‘n kontrak van die department van gesondheid ter waarde van vier miljoen rand, gekry het. Belasting van 500 […]

Mpumalanga veroordeelde moordenaar, Jabulani Fransisco Mazibuko, het drie lewenslange vonnisse vir drie aanklagtes van moord, ontvang. Die hof het gehoor hoe Mazibuko vir Jabulani Nkosi, Themba Nkosi en David Mkhaliphi doodgeskiet het. Die moorde het glo tydens ‘n argument in September 2015 plaasgevind.

Die Laeveld word die afgelope paar weke geteister deur kontant-in-transito rooftogte. Nog ‘n voorval het gistermiddag in Nelspruit plaasgevind. Verdagtes in twee verskillende voertuie, het ‘n Fidelity geldwa na bewering na ‘n kliënt se perseel in Heyneke-straat agtervolg. Skote is gevuur en die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld in ‘n wit enkelkajuit bakkie […]

‘n Nelspruiter is gisteraand ontvoer tydens ‘n huisroof in die dorp. Die voorval het gebeur toe die slagoffer by hulle huis in Giraffestraat aangekom het. Die slagoffer was besig om inkopies uit te laai toe vier mans die perseel betree het. Een man was glo gewapen. Die slagoffer is in haar voertuig gelaai, en een […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?