100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bepalings & Voorwaardes Kompetisies

Deelname aan Kompetisies:

  1. DEFINISIES
    1. “Kompetisie” beteken ‘n geleentheid waar ‘n deelnemer ‘n prys kan wen deur aan ‘n aanbieding wat onder kompetisie voorwaardes deur die radio stasie aangebied word, deel te neem;
    2. “Media” verwys na gedrukte media, radio, aanlyn en televisie mediums;
    3. “Deelnemer” verwys na ‘n persoon wat aan ‘n aanbieding onder die kompetisie voorwaardes, deelneem;
    4. “POPI” verwys na die ‘Protection of Personal Information Act 4 of 2013’;
    5. “Prys” verwys na enige promosie, prys-trekking of geleentheid om te wen, waar die waarde van die prys genoem word BTW insluit en verbonde aan die kompetisie as prys aangebied word;
    6. “Verwerking” of deur die proses gaan soos in die POPI Act vervat;
    7. “Reëls” verwys na die voorwaardes in hierdie bepalings en voorwaardes vervat, en is onderhewig aan reëls en regulasies deur enige wet wat op ‘kompetisies’ betrekking het;
    8. “Stasie” of “radiostasie” verwys na 100.5fm Radio Laeveld.
    9. “BTW” beteken Belasting Op Toegevoegde waarde soos in die Value Added Tax Act 89 van 1991 vervat;
    10. “Hy” of “Sy” verwys na ‘n persoon wat deelneem hetsy dit ‘n man of vrou is.
  2. INLEIDING
    1. Die genoemde reëls is op die deelnemer wat inskryf, bindend.
    2. Onderworpe aan die volgende punt (2.3), sal die stasie geen toegangsfooi vra om aan ‘n kompetisie deel te neem nie;
    3. Daar kan moontlike kostes verbonde wees om aan ‘n kompetisie deel te neem, soos byvoorbeeld in die geval waar daar van ‘n sms lyn teen standaard tariewe gebruik  gemaak word, waar die koste van die sms genoem sal word, maar gewoonlik nie meer R1-50 (een rand vyftig) sal oorskry nie.
    4. Die stasie kan nie verantwoordelik vir die koste, in die geval van ‘n sms-lyn, of data in die geval van sociale media of aanlyn komminukasie platforms, of telefoon kostes, gehou word nie, en bly die verantwoordelikheid van die deelnemer.
    5. Wanneer ‘n deelnemer inskryf, registreer of bloot deelneem aan ‘n kompetisie, onderneem die deelnemer om aan die bepalings en voorwaardes van die kompetisie onderhewig te wees.
    6. Die stasie behou die reg voor om enige van die bepalings en voorwaardes te mag verander soos dit  deur die stasie nodig geag word.
  3. IN AANMERKING KOM VIR DEELNAME EN DIE WEN VAN PRYSE
    1. Deelnemers moet in besit van ‘n geldige Suid Afrikaanse ID dokument wees of in die geval van buitelander, in besit van ‘n geldige paspoort wees.
    2. Deelnemers moet ten minste 18 (agtien) oud wees om te kan wen.
    3. In die geval van ‘n kontantprys moet die deelnemer ‘n geldige Suid Afrikaanse bankrekening besit.
    4. In die geval van pryse wat ‘n reis buite die grense van Suid Afrika insluit, moet die deelnemer ‘n geldige paspoort besit en kan kwalifiseer vir ‘n visa waar nodig, en beskikbaar wees vir die datums van die reis waar en soos aangedui tydens die kompetisie.
    5. Die stasie behou die reg voor om enige prys terug te hou of aan iemand anders aan te bied in die geval waar die wenner reeds in die afgelope twee maande ‘n prys van enige aard in enige kompetisie deur die stasie aangebied, gewen het.
    6. Des nie teen staande enige bepaling of voorwaarde in hierdie bepalings aangedui, behou die stasie die reg voor om enige deelnemer, aan deelname aan ‘n kompetisie te weier vir enige rede wat ookal, behalwe waar diskriminasie weens ouderdom, ras, geslag, geloofsoortuigings, seksuele orientasie of politieke keuse bewys kan word.
    7. Geen werknemer, onafhanklike kontrakteur van die stasie, of lede van sy direkte familie, mag aan ‘n kompetisie deelneem nie.
    8. Met deelname aan enige kompetsie moet die deelnemer aandui dat hy volgens die regulasies kwalifiseer om deel te neem en dat hy homself onderwerp aan die reëls en regulasies van die kompetisie, asook bepalings en voorwaardes hierin vervat.
    9. Indien ‘n wenner nie binne ‘n week van dat die wenner bekend gemaak is, nie gevind kan word nie, of die persson is gevind nie by magte is om die prys te wen nie, en waar die deelname teen strydig met die reëls en regulasies daravan is, kan die deelnemer die prys verbeur en kan die prys aan iemand anders aangebied word.
    10. ‘n Prys kan ook terug getrek word in die geval waar dit geregverdig is en daar gevind word dat enige van die bepalings en voorwaardes en reëls of regulasies van die kompetisie deur die wenner oortree is.
  4. VRYWAARDING VAN AANSPREEKLIKHEID
    1. Deelnemers skryf in en neem deel aan kompetisies op eie risiko en die stasie neem geen verantwoordelikheid vir enige verlies, skade of beserings, wat as gevolg van die deelname daaruit mag voortspruit nie, insluitend waar die verlies, skade of beserings deur nalatigheid, of enige rede wat ook al, veroorsaak is nie.
    2. Die stasie kan nie verantwoordelik gehou word vir laat inskrywings of geen deelname as gevolg van tegniese foute buite die regmatige beheer van die stasie nie.
    3. Die deelnemer bevestig met sy deelname dat die stasie ten volle van aanspreeklikheid gevrywaar word teen enige verlies, skade of besering van watter aard ookal wanneer die prys in ontvangs geneem word.
  5. DIE PRYS
    1. Die uitkoms van ‘n kompetisie is onderhewig aan die besluit van ‘n beoordeellaar, aanbieder of organiseerder (hoe dit ookal sy) van die kompetisie. Die beslising word as finaal beskou en geen onderhandeling of komminukasie in die verband van watter aard ookal sal ten opsigte van die kompetisie gemaak word nie.
    2. Die stasie behou die reg voor om enige deelnemer se inskrywing of prys wenner te verivieër. Dit sluit in dat die stasie sonder limiet bewysdokumente, insluitent identiteitsdokumente ens. kan vereis om die deelnemer of wenner te bevestig. Die stasie sal eers na suksesvolle verifikasie en kwalifisering van die wenner die prys aan die wenner kan oorhandig.
    3. Die stasie behou die reg voor om pryse wat nie binne twee maande opgeeis word nie, terug te trek of aan iemand anders uit te reik, soos die stasie goed dink.
    4. ‘n Prys kan nie van een persoon na ‘n ander oorhandig word, sonder die goedkeuring van die stasie nie.
    5. ‘n Prys kan nie vir kontant geruil word nie.
    6. Geen koste kan van die stasie verhaal word vir die aflewer of kolleksie van die prys nie.
    7. Indien die situasie dit vereis weens gebeure buite die beheer van die stasie, behou die stasie die reg voor om ‘n prys te vervang met ‘n ander prys teen die selfde waarde of hoër as die oorspronklike prys.
  6. BEKENDMAKING VAN DIE DEELNEMER/WENNER
    1. ‘n Deelnemer mag versoek om nie bekend gemaak te word wanneer die wenner aangekondig word nie.
    2. Indien die deelnemer geen besware aanteken met betrekking tot die bekendmaking en publiseering daarvan, behou die stasie die reg voor om die bekendmaking, insluitned foto’s, sonder vergoeding te plaas.
    3. Geen deelnemer mag op sy eie, sonder die toestemming van die stasie, dat hy ‘n wenner, of die omstandighede daarvan, bekend maak nie.
  7. INTELLEKTUELE EIENDOMSREG EN EIENAARSKAP
    1. Enige kompetisie aanbieding, inskrywings en deelname is die eiendom van die stasie en hoef nie aan die deelnemer terug besorg te word nie.
    2. Met deelname word alle regte, insluitend materiaal en intelektuele asook morale regte aan die stasie volgens wetgewing in die verband van afstand gedoen.
  8. PERSOONLIKE INLIGTING
    1. ouderdom;
    2. biometriese informasie;
    3. datum van geboorte;
    4. geslag;
    5. ID/Paspoort nommer
    6. komminukasie tussen die stasie en die deelnemer
    7. fisiese adres;
    8. telefoon nommers
    9. epos adres
  9. Met deelname aanvaar die deelnemer dat die stasie die genoemde besonderhede mag gebruik vir doeleindes wat ook bemarking en marknavorsing mag insluit. Die deelnemer aanvaar ook dat komminukasie elektronies, wat data, sms en epos platforms insluit, sal plaasvind.
  10. VRYWARING
    1. Die deelnemer vrywaar die stasie van enige eise van watter aard ookal, met betrekking tot die aanbied van en deelname aan ‘n kompetisie.
  11. ALGEMEEN
    1. Die genoemde bepalings en voorwaardes is bindend slegs op die deelnemer en die stasie en geen derde party kan hiermee verbind word nie.
    2. Die stasie behou die reg voor om enige kompetisie om enige rede van watter aard wat ookal te beeindig soos die stasie goeddink.
    3. Alhoewel die prys so gou as moontlik beskikbaar nadat dit gewen is, gestel word, kan dit weens omstandighede langer neem as wat oorspronklik verwag word. As riglyn word vier (4) weke gesien.
    4. Geen bepalings en voorwaardes kan verander tensy skriftelik deur die stasie bestuurder goedgekeur is.
    5. Die nie-nakome van enige van die bepalings en voorwaardes beteken nie dat die regte van die bepalings verval of nagekom kan word nie.

 

 

 


×