Misdaad

Drie verdagtes is gistermiddag tydens ‘n gesamentlike operasie – tussen Nelspruit misdaadbevegters – in hegtenis geneem. Dit volg na hulle glo ‘n toeris in ‘n winkel, van haar bankkaart beroof het. Hulle het die toneel in ‘n huurvoertuig gevlug. Nadat die voertuig na die ontmoetingsplek gevolg is, is ‘n ander voertuig, wat vermoedelik betrokke was […]

Twee verdagtes het voor die Lydenburgse streekshof verskyn, vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die hantering van onwettige dwelms. Dit volg nadat die polisie verlede week ‘n “veiliger feesseisoen-operasie” gedoen het. Die polisie het ‘n wenk oor die beskuldigdes opgevolg, waarna die inhegtenisnemings gemaak is. Dwelms, met ‘n beraamde straatwaarde van ongeveer veertigduisend […]

‘n 34-jarige pastoor is deur ‘n onbekende man doodgeskiet terwyl hy ‘n kerkdiens in Doornkop, buite Middelburg, gelei het. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê dat Pastoor Christopher Mokwena Woensdagaand omstreeks sewe uur ‘n diens gedoen het toe ‘n man hom uit die kerk dwing deur ‘n vuurwapen op hom te rig. Die verdagte het […]

Polisie in Mosambiek en Suid-Afrika beoog om samewerking te verbeter. Dit is glo om misdadigers – wat in mekaar se lande wegkruip – op te spoor en uit te lewer. Spanne van die ministeries van binnelandse sake van beide lande gaan ‘n “werkstrategie” definieër om vlugtelinge te identifiseer, op te spoor en in hegtenis te […]

Wenke vanaf die publiek het tot die inhegtenisname van drie mans gelei wat ‘n jagwapen en ammunisie by die Kruger Nasionale Park probeer insmokkel het. Twee van die verdagtes het reeds voor die Malalane streekshof op aanklagtes van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, verskyn. Dit volg nadat die verdagtes toegang tot die Kruger […]

Twee mans het voor die Malalane streekshof op aanklagtes van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, verskyn. Dit volg nadat die verdagtes toegang tot die Kruger Nasionale Park deur die Malalane-hek probeer verkry het. Die polisie het na bewering ‘n wenk ontvang dat ‘n verdagte wit Volkswagen Polo, met twee insittendes, op pad […]

Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Mpumalanga, luitenant-generaal Mondli Zuma, het in April 2018 ‘n span onder die vaandel van Operasie Gijima Tsotsi gestig, om die plaag van kontant-in-transito rooftogte, bankrooftogte en OTM-rooftogte te ondersoek. Die operasie wat gelei word deur ‘n senior polisiebeampte – en bestaan ​​uit verskillende eenhede binne die SAPD, […]

‘n 43-jarige man van Ivory Trust, naby Masoyi, het op pad na die hospitaal gesterf nadat hy gister deur die gemeenskap aangerand is. Die man is ernstig aangerand met stokke, klippe en vuiste nadat hy glo sy voormalige vriendin hardhandig hanteer, en glo probeer molesteer het. ‘n Groep kinders het dit sien gebeur en om […]

‘n Verdagte is gisteraand deur die Hazyview-polisie doodgeskiet na ‘n gewapende rooftog by die Total-vulstasie plaasgevind het. ‘n Sekerheidswag op die toneel het glo die noodknoppie gedruk wat Spes-Plan Sekuriteit ontbied het. Vyf verdagtes het glo die OTM binne die winkel beroof, sowel as kontant uit die kontantlaai gesteel. Hulle het in die rigting van […]

‘n Nelspruit-man is tussen vyftien en twintig keer met ‘n mes gesteek tydens ‘n rooftog by ‘n sakeonderneming in Rapidstraat. ‘n Sekerheidswag by ‘n onderneming oorkant die straat, het gehoor hoe ‘n voertuig in iets vasry, waarna hy Hi-Tech sekuriteit ontbied het. Callum McPherson, woordvoerder, het bevestig dat hulle met hul aankoms ‘n bebloede man […]


Current track

Title

Artist

Background