moord

‘n Portugese sakeman is gister naby Maputo, dood gevind. Dit volg nadat hy ontvoer is en die losprys betaal is, het die Portugese minister van buitelandse sake, José Luís Carneiro, gesê. Die amptenaar het gister aan die nuusagentskap van Lusa gesê dat die slagoffer ‘n entrepreneur was, met ‘n ouderdom van omtrent 50 jaar. Hy […]

‘n 34-jarige pastoor is deur ‘n onbekende man doodgeskiet terwyl hy ‘n kerkdiens in Doornkop, buite Middelburg, gelei het. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê dat Pastoor Christopher Mokwena Woensdagaand omstreeks sewe uur ‘n diens gedoen het toe ‘n man hom uit die kerk dwing deur ‘n vuurwapen op hom te rig. Die verdagte het […]

Die Nelspruit-polisie het onthul dat ander landswye sake moontlik verband kan hou met die moord op die bejaarde Hetta Potgieter. Die 85-jarige ouma is ‘n paar weke gelede by die Macadamia Care Center in Nelspruit vermoor. Luitenant-kolonel Erhard Stroh het in die hof getuig dat die drie beskuldigdes moontlik met ander moorde in die land […]

Noluthando Masango, wat tydens ‘n tradisionele seremonie in Mpumalanga ontvoer is, se lyk is in ‘n vlak graf gevind. Dit volg nadat haar gesin die ontvoerders se spertyd – om ‘n 5000 rand losprys vir haar vrylating te betaal – gemis het. Die sesjarige het Saterdag verdwyn terwyl hulle ‘n tradisionele seremonie bygewoon het. Masango […]

’n 51-jarige vrou – en ma van vier – is hierdie week in haar huis in Witbank vermoor. Letitia Jacobs is vermoedelik verwurg, en polisie vermoed ook dat sy seksueel aangerand is. Die voorval het Dinsdag tussen 11:00 en 12:00 by Jacobs se huis plaasgevind. Jacobs is na bewering etlike maande voor die moord, vantevore […]

Twee mans en een vrou is naby Krugersdorp in verband met die moord van Hetta Potgieter, in hegtenis geneem. Dit volg na ‘n intensiewe ondersoek nadat die 85-jarige ouma ‘n week gelede in die Macadamia Sorgsentrum in Nelspruit vermoor is. Die drie verdagtes, John du Plooy (26), Shaun Oosthuizen (38) en Maryna Mandy Vorster (48) […]

Die 23-jarige man wat vermoedelik ‘n agtjarige dogtertjie verlede week ontvoer, verkrag en vermoor het, het gister voor die Kabokweni streekshof verskyn. Die verdagte, Linco Believe Makhubela, is in hegtenis geneem by sy skuilplek in Sabie. Dit volg na die plaaslike polisie ‘n reuse soektog geloods het in verband met die verdwyning van die kind,  […]

Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 36 jaar, is verlede week in, en om Tonga vasgetrek vir die moord op ‘n Komatipoort-man. Die groep mans het reeds voor die hof verskyn, en sal Vrydag hulle tweede hofverskyning maak. Hulle word aangekla van die moord op Deon du Bruyn, en poging tot moord op […]

Nelspruit moordenaar, Johan Heunis, verskyn vandag voor die Barberton Rondgaande Hooggeregshof om sy vonnis aan te hoor. Heunis, die voormalige waarnemende hoof van die Nelspruit verkeersafdeling, is skuldig bevind aan die moord op Michelle Curgenven, ‘n ma van twee seuntjies. Curgenven is in haar motorhuis doodgeskiet. In 2016 het die plaaslike hooggeregshof bevind dat die […]

Die liggame van ‘n man en ‘n vrou wat van ‘n boom hang, is in die Groblersdal-omgewing gevind. Dit is glo ná ‘n oënskynlike huishoudelike argument, het die polisie in Limpopo gister gesê. Die polisiediens het die aanhoudende voorvalle van huishoudelike geweld wat soms lei tot die verlies van lewens of beserings, veroordeel, het kolonel […]


Current track

Title

Artist

Background