Highlights

Die Internasionale Vereniging vir Besigheidskommunikasie het Sappi Laeveld se Stop and Think Before You Act veiligheids-inisiatief met een van die hoogste globale toekennings vereer. Die veiligheidsinisiatief vir 2018 het ‘n Gold-Quill-toekenning ontvang. Die toekenning erken uitnemendheid in veiligheidskommunikasie en is een van slegs drie sulke toekennings wat in 2018 in hierdie kategorie gemaak is. Sappi […]

Die Mosambiekse owerhede het die eienaar van ‘n houer wat in Maputo-hawe oopgemaak is, in hegtenis geneem nadat groot hoeveelhede olifanttande in die houer gevind is. Die polisie het ook die doeane-beampte in hegtenis geneem wat die houer en vyf ander houers van dieselfde maatskappy, die Chinese maatskappy Newlite, wat in Beluluane, aan die buitewyke […]

‘n Nelspruiter is gisteraand ontvoer tydens ‘n huisroof in die dorp. Die voorval het gebeur toe die slagoffer by hulle huis in Giraffestraat aangekom het. Die slagoffer was besig om inkopies uit te laai toe vier mans die perseel betree het. Een man was glo gewapen. Die slagoffer is in haar voertuig gelaai, en een […]

http://www.radiolaeveld.co.za/wp-content/uploads/2018/04/VID-20180413-WA0015.mp4

Die Bedreigde Wildlewe-Trust (EWT) en die Gorongosa Nasionale Park in Mosambiek het ‘n historiese geleentheid aangekondig. Wildehonde sal na dekades van afwesigheid terugkeer na die nasionale Park. Dit word gedoen as deel van hulle pogings om hierdie hoogsbedreigde spesies te red. Die wildehonde sal op 16 April na die park verskuif word. In ‘n skuif […]

Die ingange na al drie die myne op Barberton is toegemaak deur stakings. Die stakings vind al die afgelope twee dae plaas. Oorspronklik is net Sheba-myn se ingang toegemaak, maar kort daarna is die ander twee myne se ingange ook toegemaak. ‘n Stakende myner is na bewering gewond, nadat die polisie glo op die stakers […]

Rand Water het sy voorsiening van grootmaat drinkbare water na die Bosbokrand Munisipaliteit, aansienlik verminder. Dit volg na skuld van ongeveer tweehonderd duisend miljoen rand, na ‘n paar jaar nog steeds uitstaande is. Volgens, Justice Mohale, Rand Water-woordvoerder, is die besluit geneem as ‘n kredietkontrole maatreël om die munisipaliteit te dwing, om die bedrag te […]

Ongeveer R10 miljoen is gisteroggend gebuit nadat ‘n Fidelity-geldwa tydens ‘n kontant-in-transito aanval beroof is. Twee geldvoertuie was op pad om pensioengeld naby Pienaar te gaan uitbetaal toe hulle in ‘n lokval gery het. Die polisie het bevestig dat ‘n wit Toyota-bakkie agter die geldwa inbeweeg het, en ‘n wit BMW van vooraf verskyn het. […]

Die Minister van vervoer, Dr Blade Nzimande, het die aanpassing van tol-tariewe op nasionale paaie vir die 2018/19 belasting jaar goedgekeur. Aanpassings om die tariewe is in ooreenstemming met die CPI oor die voorafgaande twaalf maande. Dit sluit die verhoging in BTW van 14% tot 15%, in. Die nuut aangepaste tariewe sal op die N3-tolpad […]

‘n Bulhond van Nelspruit het sy sopbeen verdien toe hy ‘n verdagte in Geelhoutstraat aangehou het totdat sy baas ‘n plaaslike sekerheidsmaatskappy kon ontbied. Die verdagte het glo by die huis probeer inbreek toe hy in die hond vasloop. Man se beste vriend het die vermeende inbreker summier in ‘n hoek vasgekeer, en na bewering […]


Current track
TITLE
ARTIST

Background