100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Oor Ons

Alles Oor 100.5FM

OOR ONS:

Radio Laeveld het op 1 Maart 2003 vir die eerste keer  ‘n vier jaar Gemeenskap Radio Uitsaailisensie ontvang om in die Laeveld op 100.5FM (die voormalige frekwensie van Radio Pretoria, nou Pretoria FM uit te saai). Die eerste uitsendings het op Op 31 Mei 2003 begin.

Deur die jare het Radio Laeveld verskeie nuwe baadjies aangetrek en staan vandag as 100.5FM Radio Laeveld bekend. ‘n Verskeidenheid van programme dek alle belangstellings van ons luisteraars in die Laeveld en is daagliks interaktief betrokke in die gemeenskap.

Ons uitsaaigebied dek Nelspruit, Witrivier, Graskop, Sabie Lydenburg, Malelaan, Baberton en omliggende dorpe soos Kaapsehoop, Kaapmuiden, Hectorspruit, Komatipoort, Skukuza, Hazyview en meer in.

Die teiken ouderdomsgroep is 35-55 (LSM 6-10) en sluit boere, kantoorwerkers, reisigers, verteenwoordigers, Klein- en -Medium besigheid eienaars en bestuurders, onderwysers, dokters, sport en buiteluglewe entoesiaste onder andere in.

Ons programme fokus op familie waardes met spesifieke fokus op gemeenskapsake.

Alhoewel ons hoofsaaklik in Afrikaans uitsaai verwelkom ons graag Engelse onderhoude en program inhoud.

Visie:
Ons visie is om die mees gerespekteerde en dinamiese gemeenskapsradiostasie in Suid Afrika te word.

Missie:
Ons missie is om die Christelike afrikaansprekende gemeenskap in ons kontrei met passie te vermaak, in te lig en te dien.

Ons waardes:
Ingelig, Innoverend,Inspirerend,Opreg,Entoesiasties.


KAART VAN DIE RADIO LAEVELD UITSAAIGEBIED:

Daar word lekker gesels in ons ateljee

Ek het al so baie dinge gedoen en beleef in my oudag (hoor hoe kraak die bene) dat ek boeke vol kan skryf.

Ek het in Julie 2003 by Radio Laeveld begin uitsaai.

Derek is 'n vryskut-omroeper by Radio Laeveld.

Van radio na rolprente na televisie en terug na radio. Die sirkel is voltooi!

Mense vra altyd waar jy vandaan kom en dan staan ek altyd met 'n mond vol tande - moet mens dan se waar is jy gebore of waar het jy skoolgegaan of waar het jy studeer?

×