100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Helmi du Plessis

Mense vra altyd waar jy vandaan kom en dan staan ek altyd met ‘n mond vol tande – moet mens dan se waar is jy gebore of waar het jy skoolgegaan of waar het jy studeer? So, dan noem ek maar die hele lys. Ek is in Kimberley gebore, het daar my skoolloopbaan begin en kort daarna het ons na Bloemfontein, Centurion en later Pietersburg verhuis. Ek het gematrikuleer aan die Hoerskool Pietersburg en het ‘n jaar na matriek eers gewerk voordat ek Teologie begin studeer het in Somerset-Wes in die Kaap.

Ek het my werksloopbaan in Tzaneen begin as jeugwerker by ‘n plaaslike gemeente en ook hoërskool. In hierdie tyd, het ek my liefde en passie vir jongmense ontdek en het besluit om myself ook in die onderwys te bekwaam en het in 2007 voltyds begin skoolhou.

My stokperdjie is om kreatiewe koeke te bak soortgelyk aan die van Cake Boss en dit hou my goed besig! Ek het ook ‘n dogtertjie van 4 wat die middelpunt van my lewe is. In Desember 2012 het ons na die Laeveld verhuis en is baie gelukkig hier! Ek ag dit ‘n heerlike lekkerte om by Radio Laeveld betrokke te wees en ek is dankbaar dat ek my bediening ook hier kan uitleef.

Helmi bied op Sondagoggende die program Kruispad en Saterdag ‘Vat Die Pad’ aan.


×