covid-19

Die Care Buddies bestaan al 19 jaar om na bejaarde mense in die Laeveld se emosionele welstand om te sien. Yvonne McHeath vertel hoe hulle begin het om na bejaarde mense uit te reik en hoe die pandemie dit bemoeilik het omdat kontak nie toegelaat is nie. Luister weer hier na die gesprek. Jy kan […]

Mediclinic Nelspruit het almal ouer as 18 jaar genooi om die komende naweek by hul dagkliniek hul inenting teen Covid-19 te ontvang. Die regering hou die naweek landwyd ‘n “Vooma”-inentingsveldtog om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang. Honderde private inentingstasies sal daarom ook Saterdag landwyd oop wees. Mediclinic Nelspruit […]

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê Covid-19-infeksies in die land toon tekens van ‘n volgehoue afwaartse neiging. Suid-Afrika het die afgelope 24 uur 3 961 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal sedert die begin van die pandemie op 2 858 195 te staan bring. Die meeste nuwe gevalle was in KwaZulu-Natal met 28%, gevolg […]

Wat is die menslike en ekonomiese koste van inperkings? Pandemics Data & Analytics (Panda) probeer hierdie vrae beantwoord sodat beter besluite geneem kan word om mense se lewens te beskerm. Die groep het in Suid-Afrika ontstaan kort na die grendeltydperk in 2020 afgekondig is. Hulle versamel data van regoor die wêreld (amptelike bronne) veral in […]

Bokkie Taute, ‘n oud-omroeper by 100.5FM, is gisteraand in ‘n hospitaal in Pretoria weens Covid-19 verwante oorsake oorlede. Sy was een van die eerste vroue-omroepers by Radio Laeveld en was betrokke sedert sy ontstaan 18 jaar gelede tot 2007. Haar program se naam was “In almal se kraal” waar sy die gewilde “Vlooimark”, wat vandag […]

Mediclinic Nelspruit se intensiewesorgeenheid ervaar steeds hoë druk weens die voortslepende derde vlaag Covid-19-infeksies in die area. Suid-Afrika se Covid-19-verwante sterftes is besig om die 80 000-kerf te nader nadat nóg 170 mense die afgelope 24 uur aan die siekte dood is. Altesaam 10 748 nuwe gevalle is in die jongste verslagtydperk aangemeld. In Mpumalanga […]

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê hy verwag dat hulle hierdie week nog kan begin om mense ouer as 18 jaar teen Covid-19 in te ent. Hy was vandag op besoek aan inentingslokale in Nkomazi-munisipaliteit sowel as by Rob Ferreira-hospitaal saam met Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, en LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini. […]

Die derde vlaag Covid-19-infeksies hou vol om druk te plaas op Mediclinic Nelspruit se intensiewe- en hoësorg, sowel as noodgevalle eenhede. Dr. Gerrit de Villiers van die groep sê hulle glo almal wat daarvoor kwalifiseer, behoort teen die virus ingeënt word, omdat dit die risiko om ernstig siek te word, of weens die virus te […]

Dr. Anton Janse van Rensburg, ‘n mediese dokter met baie ervaring as ‘n toksikoloog, sê hy behandel al sy Covid-19-pasiënte met ivermektien – en met goeie resultate. Volgens hom word dit reeds 40 jaar lank in mense gebruik en as veiliger beskou word as aspirien. Sommige weergawes wat vir diere bedoel is, bevat egter soms […]

Luister meer op 100.5FM.


Current track

Title

Artist

Background
×