laeveld

Die Needles Safari Lodge is as die top vierster-lodge in die land benoem tydens die Lilizela-toekennings by die Sandton International Convention Centre in Johannesburg. Die lodge is die afgelope vier jaar die provinsiale wenner in hul kategorie. Ngwenya Lodge, naby Komatipoort, het die Wildlife Encounters-kategorie gewen. Pretoriuskop, in die Kruger Nasionale Park, het die tweeslaapkaravaan- […]

Twee mans is in afsonderlike voorvalle in Calcutta en Lydenburg in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieërde vuurwapens, sowel as ammunisie en onwettige items. Simeon Elvis Mhlongo, die 53-jarige man, het reeds voor die Mkhuhlu-streekshof verskyn vir die besit van ‘n ongelisensieërde jaggeweer. Mhlongo se verskyning het gekom nadat die lede van die Taktiese […]

‘n Bejaarde vrou is gehospitaliseer nadat sy tydens ‘n plaasaanval herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Die slagoffer – in haar laat sestigs – is na bewering ook met ‘n stoel aangerand, en glo herhaaldelik geslaan. ‘n Foto van die bebloede slagoffer het gister op sosiale media gesirkuleer maar 100.5FM kon eers vanoggend die voorval […]

Sappi se suksesvolle ommeswaai van die onderneming, en die implementering van die maatskappystrategie is erken tydens die gesogte “The Sunday Times Business Times Top 100”-maatskappy-toekennings wat in Johannesburg gehou is. Sappi het tweede geëindig as gevolg van sy sterk finansiële prestasie, wat ‘n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 34% gedurende die tydperk 2013 tot 2018 gelewer […]

Verskeie kinders is dakloos gelaat na Betty’s Haven Weeshuis in Nellsville, afgebrand het. Eienaar Betty Mandlazi, bedryf al jare lank die sentrum, en moes glo vir die inasem van rook behandel word. Alles binne die huis het verbrand. Dit sluit klere, beddens, kos en yskaste in. Alhoewel die struktuur nie heeltemal afgebrand het nie, is […]

Die 2018 Kishugu Laeveld-lugskou, ondersteun deur ABSA Bank en in vennootskap met Jaguar Land Rover Nelspruit en KMI Lughawe, het weggestap met die trofee vir die beste lugskou van die jaar. Dié gesogte byeenkoms is Saterdag 17 November by die Wanderersklub in Johannesburg gehou. Die Laeveld-lugskou-komitee se voorsitter, Johan Heine, het die trofee ontvang. Die […]

Drie verdagtes is gistermiddag tydens ‘n gesamentlike operasie – tussen Nelspruit misdaadbevegters – in hegtenis geneem. Dit volg na hulle glo ‘n toeris in ‘n winkel, van haar bankkaart beroof het. Hulle het die toneel in ‘n huurvoertuig gevlug. Nadat die voertuig na die ontmoetingsplek gevolg is, is ‘n ander voertuig, wat vermoedelik betrokke was […]

‘n Laeveld-inwoner is die naweek ernstig beseer in ‘n motorfietsongeluk. Divergent Ops reaksie-offisier, Johan Rossouw, het op die R40-pad vanaf Witrivier na Nelspruit gery toe ‘n bakkie glo voor hom indraai. Die ongeluk het by die afdraai na die Mpumalanga Universiteit gebeur. Rossouw het die bakkie aan die kant getref en is oor die voertuig […]

Mnr Jannie Hesselink, Vise-President van die SA Sport en Jag Federasie, was tydens die onlangse prysuitdeling, vol lof vir Mpu Laeveld, veral oor die goeie gesindheid van die lede tydens kompetisies. Die jongste lid, NB Human (7) was die jongste deelnemer by die Nasionale Kampioenskappe vanjaar en het sy toekenning ontvang vanaf die oudste lid, […]

“Dankbaarheid vir jou Godgegewe talente.” Dít is hoe die Puma-rugbykaptein Hennie Skorbinski sy rugbyloopbaan en nuwe uitdaging as afrigter by Hoërskool Nelspruit (NHS) sy benadering tot die sport opsom. ‘n Nuwe seisoen sal in 2019 vir Hennie en NHS aanbreek wanneer hy die plek van voormalige Puma-spanmaat Corné Steenkamp as rugbyafrigter by die skool in […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?