laeveld

Page: 6

‘n Laeveld sakeman het voor die Nelspruit Streekshof  op ‘n aanklagte van bedrog verskyn. Voormalige direkteur van Vinoja Trading, Robert Ngomane, het glo tussen 2010 en 2013 vals fakture aan SARS gestuur. Dit was na sy maatskappy ‘n kontrak van die department van gesondheid ter waarde van vier miljoen rand, gekry het. Belasting van 500 […]

Mpumalanga veroordeelde moordenaar, Jabulani Fransisco Mazibuko, het drie lewenslange vonnisse vir drie aanklagtes van moord, ontvang. Die hof het gehoor hoe Mazibuko vir Jabulani Nkosi, Themba Nkosi en David Mkhaliphi doodgeskiet het. Die moorde het glo tydens ‘n argument in September 2015 plaasgevind.

Die Internasionale Vereniging vir Besigheidskommunikasie het Sappi Laeveld se Stop and Think Before You Act veiligheids-inisiatief met een van die hoogste globale toekennings vereer. Die veiligheidsinisiatief vir 2018 het ‘n Gold-Quill-toekenning ontvang. Die toekenning erken uitnemendheid in veiligheidskommunikasie en is een van slegs drie sulke toekennings wat in 2018 in hierdie kategorie gemaak is. Sappi […]

Die Laeveld word die afgelope paar weke geteister deur kontant-in-transito rooftogte. Nog ‘n voorval het gistermiddag in Nelspruit plaasgevind. Verdagtes in twee verskillende voertuie, het ‘n Fidelity geldwa na bewering na ‘n kliënt se perseel in Heyneke-straat agtervolg. Skote is gevuur en die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld in ‘n wit enkelkajuit bakkie […]

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ‘n aanval op ‘n kontant-in-transito geldwa wat Saterdagmiddag tussen Witrivier en Sabie plaasgevind het nie. ‘n Groep verdagtes – in ‘n wit enkelkajuit Toyota Hilux en ‘n wit Golf – het ongeveer 13;00 ‘n G4S geldwa op die R538 agtervolg. Die geldwa se bande is papgeskiet […]

‘n Plaaslike motorfietsryer is die naweek deur ‘n groep verdagtes oorval, en met ‘n mes gesteek. Die voorval het in Henshallstraat in Nelspruit plaasgevind. Die aanvallers het daarna met die man se motorfiets gevlug. Lede van Hi-Tech Sekuriteit, wat besig was met ‘n roetine patrollie, het op die slagoffer afgekom en hom vir mediese behandeling […]

Die ingange na al drie die myne op Barberton is toegemaak deur stakings. Die stakings vind al die afgelope twee dae plaas. Oorspronklik is net Sheba-myn se ingang toegemaak, maar kort daarna is die ander twee myne se ingange ook toegemaak. ‘n Stakende myner is na bewering gewond, nadat die polisie glo op die stakers […]

‘n Reuse soektog is van stapel gestuur om ‘n vermisde bejaarde man, John Smith, op te spoor. Smith is sedert gister vermis vanuit Kempton Park. Hy het glo in die oggend gaan stap, maar nooit na sy huis in Croydon, teruggekeer nie. Daar word vermoed dat hy moontlik op pad na Nelspruit kan wees aangesien […]

Rand Water het sy voorsiening van grootmaat drinkbare water na die Bosbokrand Munisipaliteit, aansienlik verminder. Dit volg na skuld van ongeveer tweehonderd duisend miljoen rand, na ‘n paar jaar nog steeds uitstaande is. Volgens, Justice Mohale, Rand Water-woordvoerder, is die besluit geneem as ‘n kredietkontrole maatreël om die munisipaliteit te dwing, om die bedrag te […]

Ongeveer R10 miljoen is gisteroggend gebuit nadat ‘n Fidelity-geldwa tydens ‘n kontant-in-transito aanval beroof is. Twee geldvoertuie was op pad om pensioengeld naby Pienaar te gaan uitbetaal toe hulle in ‘n lokval gery het. Die polisie het bevestig dat ‘n wit Toyota-bakkie agter die geldwa inbeweeg het, en ‘n wit BMW van vooraf verskyn het. […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?