laeveld

Page: 4

‘n Onverwagse haelstorm het gister ernstige skade regoor die Laeveld, sowel as die Kruger Nasionale Park, veroorsaak. Haelkorrels so groot soos golfballe het tuine verwoes, en selfs vensters van voertuie in skerwe gelaat. Boere in die omgewing moes hulpeloos toekyk hoe oeste deur die hael verwoes is. William Mabasa, KNP-woordvoerder, het gesê dat hy nog […]

‘n Skietgeveg tussen ‘n groep verdagtes en die polisie, het een man dood gelaat. Die voorval het in Pienaar plaasgevind nadat vyf verdagtes in ‘n wit Ford Ranger deur Altech Netstar opgespoor is. Die polisie in samewerking met plaaslike sekerheidsmaatskappye het die voertuig agternagesit en ‘n skietgeveg het uitgebreek. Die bestuurder van die Ford het […]

Drie verdagtes is in Barberton in hegtenis geneem nadat die Witrivier honde-eenheid en Cross Border Integrity 51 kilogram herione in hulle besit gevind het. Volgens ‘n bron is inligting opgevolg waarna drie voertuie vanaf Malalane na Barberton gevolg en tot stilstand gebring is op die R40 naby die Badplaas-afdraai. Die straatwaarde van die dwelms is […]

‘n Verdagte is gisteraand deur die Hazyview-polisie doodgeskiet na ‘n gewapende rooftog by die Total-vulstasie plaasgevind het. ‘n Sekerheidswag op die toneel het glo die noodknoppie gedruk wat Spes-Plan Sekuriteit ontbied het. Vyf verdagtes het glo die OTM binne die winkel beroof, sowel as kontant uit die kontantlaai gesteel. Hulle het in die rigting van […]

Twee lede van die Valke het gister voor die Nelspruit streekshof op aanklagtes van korrupsie, verskyn. Petrus Doctor Nkosi, Richard Nkwanyane en ‘n derde beskuldigde, Thsepo Mabizela het voor die hof verskyn. Nkosi en Mabizela word van geldwassery aangekla, en Nkwanyane van diefstal en dwarsboming van die gereg. Nkosi het vroeer die week op ander […]

Elke jaar streef die Kishugu Laeveld Lugskou na groter en beter en meer opwindend. Met ‘n tema soos Rock the Runway, sal dit hierdie jaar nie net vliegtuie wees wat geraas maak nie, aangesien rock-en-roll musiek ook die aanloopbaan gaan laat bewe, waar ‘n partytjie na die skou gehou sal word. Alles van Elvis, The […]

Indien slegs die helfte van die inwoners in Mbombela R10 per maand aan die plaaslike DBV skenk, kan al hul maandelikse onkostes gedek word. Die voertuie en geboue kan gehandhaaf word, en ekstra honde- en kwarantyn-fasiliteite kan opgerig word. Veeartse kan vir hul dienste betaal word. Gaan kyk gerus op ons Facebook-blad vir hul bankbesonderhede. […]

Konstruksie van die langverwagte hooggeregshof in Mpumalanga – nou meer as twee jaar agterstallig – is sewe en negentig persent voltooi, het Michael Masutha, minister van justisie, gister gesê. Hy het dit aan joernaliste gesê kort voor sy begrotingsrede in die parlement. Masutha het verduidelik die fisiese adres van die hof het tot verskeie probleme […]

TRAC doen ‘n beroep op vloot-eienaars, vervoermaatskappye, vragmotorbestuurders en openbare vervoermaatskappye om die padregulasies te gehoorsaam ten opsigte van die vrag-, hoogte- en gewigbeperkings van hul voertuie. Die afgelope paar maande het TRAC honderde duisend rande in infrastruktuurskade gely. Die skade is deur verkeerd-gelaaide voertuie, met die mees onlangse voorval wat verlede naweek by die […]

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n Uplands-werknemer verlede week nie. Nonhlanhla Mthethwa – ‘n ma van drie kinders – se halfnaak liggaam is minder as ‘n kilometer van haar huis in Daantjie, gevind. Sy het ernstige kopbeserings gehad. Volgens familielede het Mthethwa gewoonlik 4:30 in die oggende haar […]


Current track

Title

Artist

Background