laeveld

Page: 3

Dansers van Surané’s Dance Academy het by die onlangse Internasionale Beeldende Kunstevereniging-kompetisie – wat die afgelope naweek in Middelburg plaasgevind het – baie goed presteer. ‘n Hele paar trofeë is terug Laeveld toe gebring. Nelspruiters Jozanne Munnik en Olga Erasmus, het beide eerste in ballet geplaas, terwyl spanmaat Kayle du Plessis ook met ‘n goue […]

Die tweede jaarlikse Lowveld Showjumping Challenge het die afgelope naweek by Nottinghill Equestrian Centre in Witrivier, plaasgevind. Die hoogtepunt was toe Hanelize Kamffer op Shadow Fly, oor ‘n reuse 1,60-meter-sprong gespring het. Die uitdagingstrofee vir die hoër klasse is deur Natasha White op Only You, gewen. Die laer-graad-trofee is deur John Middlemiss gewen, met Francois […]

Daar was verskeie sterftes op die Laeveld-paaie die afgelope paar dae. Twee mans is dood toe ‘n voertuig in twee stilstaande voertuie op die KaNyamazane-pad gebots het. Een van die mans het glo langs sy voertuig gestaan toe die aankomende voertuig in hulle bots. Hy is na bewering op slag dood. In ‘n ander incident […]

Mpumalanga polisie is op soek na enige inligting wat kan help om die liggaam en identiteit van ‘n arm wat in ‘n rivier gevind is, te vind. Die arm is Sondagmiddag deur vissermanne uit die Nkomazi-rivier gehaal. Sersant Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, het gesê dit is onseker of die persoon aan albinisme gely het, en of […]

Die klag van aanranding teen die Bergvlam-kind wat na bewering ‘n Bergvlam-onderwyser in sy klas aangerand het, is teruggetrek. Die Nasionale Instituut vir die Voorkoming van Misdaad en Herintegrasie van Oortreders, het na ‘n ondersoek aanbeveel dat die saak teruggetrek word. Die onderwyser, Richard Prinsloo, het glo ligte beserings opgedoen. Ooggetuies het beweer dat Prinsloo […]

Vier en twintig redenaars van Hoërskool Nelspruit het onlangs aan die eerste ronde van die ATKV Redenaars in Witbank deelgeneem. Negentien van die toegelate vier en twintig redenaars het deurgedring na die semifinaal van hierdie kompetisie wat op 8 Junie by HTS Middelburg plaasvind. In die senior onvoorbereide afdeling (gr.10-12) maak ses Nellies amok deur […]

Die bekende sangeres van die plaaslike groep Havanna, Ilse Muller, is glo ernstig beseer tydens ‘n kop-aan-kop botsing op die R37-pad. Laeveld klankingenieur, Dewald Scheepers, was saam met haar in die voertuig en is ook ernstig beseer. Moeti Mmusi, woordvoerder vir die Departement van Veiligheid, Veiligheid en Skakeling, het gesê daar word beweer dat ‘n […]

‘n Voertuigverkoops-bestuurder van Nelspruit is deur die plaaslike streekshof skuldig bevind aan bedrog, en sal weer op 1 Augustus vir vonnisoplegging verskyn. Die Nasionale Vervolginsgesag het bewys dat Mark Bezuidenhout die bankbesonderhede van die Imperial Toyota-handelaar – vir wie hy gewerk het – met sy persoonlike rekeningbesonderhede vervang het. Die handelaar het ‘n verlies van […]

Die Mpumalanga Toerisme- en Parke Agentskap het bevestig dat die rondloperleeu wat tussen Nelspruit en Sabie gesien is, nog nie opgespoor kon word nie. Juan de Beer, waarnemende senior bestuurder van die MTPA se Wildlewe Beskermingsdienste, het gesê dat die gerugte dat die leeu verdoof en verskuif is, onwaar is. Amptenare volg inligting van drie […]

Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Mpumalanga, luitenant-generaal Mondli Zuma, het in April 2018 ‘n span onder die vaandel van Operasie Gijima Tsotsi gestig, om die plaag van kontant-in-transito rooftogte, bankrooftogte en OTM-rooftogte te ondersoek. Die operasie wat gelei word deur ‘n senior polisiebeampte – en bestaan ​​uit verskillende eenhede binne die SAPD, […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?