100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Maselsgevalle neem toe

Written by on December 30, 2022

Maselsgevalle neem oor die land heen skerp toe.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê die masels uitbraak het na minstens vyf provinsies versprei.
In totaal is 227 laboratorium-bevestigde gevalle in die land aangeteken sedert 11 Oktober.
Limpopo het nou 110 gevalle, Mpumalanga 64, Noordwes 27, Gauteng tien en die Vrystaat vyf.
Die gevalle is hoofsaaklik onder kinders tussen vyf en nege jaar oud.
Lees ook: Gevalle van masels neem toe in Mpumalanga
In Mpumalanga het 38 pasiënte ‘n onbekende inentingstatus, nege is ingeënt en 17 is nie ingeënt nie.

Die meeste is in Ehlanzeni met 37 en Gert Sibande met 25. Dwarsloop-kliniek (15) en Edundonald-kliniek (11) het die meeste in Ehlanzeni.
Die instituut doen ‘n beroep op ouers om hul kinders in te ent.


×