Nuus

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Die Kruger Nasionale Park het Hayward Grand Safari Company die geleentheid gebied om eksklusiewe tent-safari-kampe in die wildtuin te bied. Die 5-ster tente sal in die mees onaangeraakte gebiede binne die park se 19,485 vierkante kilometer grens opgeslaan word. Eienaar Peter Hayward het gesê dis ‘n groot eer om as ‘n private safari-onderneming toegang tot […]

Die algemene brandstof-subsidies wat deur die vorige Mosambiekse regering onder president Armando Guebuza bestuur is, het tot grootskaalse skuld aan brandstof-verspreidings-maatskappye gelei. Die huidige regering het dit nog nie ten volle afbetaal nie. Dit is volgens Almirante Dimas, adjunkdirekteur van brandstof in die Ministerie van Minerale, Hulpbronne en Energie. Volgens Dimas het die Guebeza-regering skuld […]

‘n Laeveld sakeman het voor die Nelspruit Streekshof  op ‘n aanklagte van bedrog verskyn. Voormalige direkteur van Vinoja Trading, Robert Ngomane, het glo tussen 2010 en 2013 vals fakture aan SARS gestuur. Dit was na sy maatskappy ‘n kontrak van die department van gesondheid ter waarde van vier miljoen rand, gekry het. Belasting van 500 […]

Mpumalanga veroordeelde moordenaar, Jabulani Fransisco Mazibuko, het drie lewenslange vonnisse vir drie aanklagtes van moord, ontvang. Die hof het gehoor hoe Mazibuko vir Jabulani Nkosi, Themba Nkosi en David Mkhaliphi doodgeskiet het. Die moorde het glo tydens ‘n argument in September 2015 plaasgevind.

Die Internasionale Vereniging vir Besigheidskommunikasie het Sappi Laeveld se Stop and Think Before You Act veiligheids-inisiatief met een van die hoogste globale toekennings vereer. Die veiligheidsinisiatief vir 2018 het ‘n Gold-Quill-toekenning ontvang. Die toekenning erken uitnemendheid in veiligheidskommunikasie en is een van slegs drie sulke toekennings wat in 2018 in hierdie kategorie gemaak is. Sappi […]

Drie persone is ernstig beseer tydens ‘n ongeluk vanoggend naby Ngodwana waarby twee vragmotors en een voertuig betrokke was. ‘n Vierde persoon is vir ligte beserings deur mediese personeel behandel. Die N4 sal ‘n geruime tyd toegemaak wees en motoriste is aangeraai om die Schoemanskloof-roete te gebruik. Een van die vragmotors het glo diesel, suiker […]

Die Mosambiekse owerhede het die eienaar van ‘n houer wat in Maputo-hawe oopgemaak is, in hegtenis geneem nadat groot hoeveelhede olifanttande in die houer gevind is. Die polisie het ook die doeane-beampte in hegtenis geneem wat die houer en vyf ander houers van dieselfde maatskappy, die Chinese maatskappy Newlite, wat in Beluluane, aan die buitewyke […]

Die Laeveld word die afgelope paar weke geteister deur kontant-in-transito rooftogte. Nog ‘n voorval het gistermiddag in Nelspruit plaasgevind. Verdagtes in twee verskillende voertuie, het ‘n Fidelity geldwa na bewering na ‘n kliënt se perseel in Heyneke-straat agtervolg. Skote is gevuur en die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld in ‘n wit enkelkajuit bakkie […]

‘n Nelspruiter is gisteraand ontvoer tydens ‘n huisroof in die dorp. Die voorval het gebeur toe die slagoffer by hulle huis in Giraffestraat aangekom het. Die slagoffer was besig om inkopies uit te laai toe vier mans die perseel betree het. Een man was glo gewapen. Die slagoffer is in haar voertuig gelaai, en een […]

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ‘n aanval op ‘n kontant-in-transito geldwa wat Saterdagmiddag tussen Witrivier en Sabie plaasgevind het nie. ‘n Groep verdagtes – in ‘n wit enkelkajuit Toyota Hilux en ‘n wit Golf – het ongeveer 13;00 ‘n G4S geldwa op die R538 agtervolg. Die geldwa se bande is papgeskiet […]


Current track
TITLE
ARTIST

Background