laeveld

Page: 7

Die Minister van vervoer, Dr Blade Nzimande, het die aanpassing van tol-tariewe op nasionale paaie vir die 2018/19 belasting jaar goedgekeur. Aanpassings om die tariewe is in ooreenstemming met die CPI oor die voorafgaande twaalf maande. Dit sluit die verhoging in BTW van 14% tot 15%, in. Die nuut aangepaste tariewe sal op die N3-tolpad […]

Werkers van die Kantoor van die Premier staak al die afgelope twee dae. Dit volg nadat hulle glo oorwerk en moeg is. ‘n Woordvoerder het gese die werkers word glo oorwerk as gevolg van die moratoriumbeleid wat in 2013 ingestel is. Dit bepaal dat indien ‘n werknemer sterf of bedank, hulle nie vervang moet word […]

Daar is geen rede vir inwoners van die Stad van Nelspruit en omliggende gebiede om bekommerd te wees oor die kwaliteit van water nie. Dit is volgens Steve Schormann, DA-leier van die munisipale koukus. Die plaaslike munisipaliteit het einde verlede week hulle waterkontrak met Rand Water beëindig, waarna laasgenoemde ‘n verklaring uitgereik het om te […]

Kerneels Kruger, die Nelspruit sakeman wat hierdie week ‘n vliegongeluk in sy Cessna oorleef het, is gisternag geopereer. Hy word tans onder sedasie gehou. Sy een long het glo platgeval en hy kan nie op oomblik sonder ‘n respiratoriese masjien asemhaal nie. Twee werwels in sy rug is tydens die operasie gebind.

Rand Water het ‘n verklaring uitgereik waarin gesê word dat Nelspruit sy kontrak met hulle, beëindig. Die verklaring lui dat alle onderhouds- en operasiekontrakwerk in Mpumalanga beëindig word. Die beëindiging sou teen einde Desember 2017 in werking getree het. Nelspruit het toe ‘n verlenging van drie maande gevra. Die nuutste verwikkelinge is kommerwekkend vir Rand […]

 ‘n Pensioenaris wat daarvan aangekla is dat hy ‘n agtjarige kind verkrag het, het hierdie week ‘n lang vonnis ontvang. Die sestigjarige Erick Mambane is tot 19 jaar effektief agter tralies deur die Nkomazi streekshof veroordeel. Mambane het die minderjarige in Maart 2013 verkrag. Hy het die kind na sy huis geneem en haar 50 […]

Die groot damme in Mpumalanga wys almal ‘n effense verbetering in die watervlakke. Dit volg die goeie reënval van die afgelope week. Die provinsiale vlak het vanaf 81,0 persent nad 81,3 persent gestyg. Die waterbestuursgebiede het ook verhogings in die volume van water gewys. Die Olifants het vermeerder vanaf 69,9 persent tot 73,4 persent, en […]

Die Komatipoort-polisieman wat tydens ‘n kontant-in-transito rooftog vroeer in die week gewond is, herstel nog in die hospitaal. Volgens brigadier Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, is dit nog onduidelik hoe die offisier, wat ‘n ongemerkte polisievoertuig bestuur het, raakgeskiet is in die omgewing van die rooftog. ‘n Verlate polisiewa, van Komatipoort, is ook op die toneel gevind. […]

Bekende Nelspruit sakeman, Kerneels Kruger, het gistermiddag ‘n vliegongeluk in sy Cessna oorleef. Die ongeluk het by die Nelspruit lughawe plaasgevind. Kruger het glo opgestyg waarna die ligte vliegtuig grond toe gestort het, naby aan die aanloopbaan. Kruger was die enigste insittende en het onder andere ‘n ernstige nekbesering, sowel as skade aan sy rugwerwels, […]

Geskiedenis sal gemaak word in Julie hierdie jaar wanneer Boesmans weer oor die grasvlaktes van die Laeveld sal loop. Die land se twee top spoorsnyers, die bekende /Ui-G/aqo en /Ui-Kxunta, gaan deel word van die Kruger Nasionale Park se stap-ekspedisies. Hulle sal glo as gidse optree sodat toeriste nog nader aan die natuur kan kom. […]


Current track

Title

Artist

Background