laeveld

Page: 5

Mbombela Munisipaliteit werkers is vanoggend verhoed om te gaan werk na betogende Tekwane-Noord inwoners die hekke toegemaak het. Die protes-aksie het glo oor watervoorsiening gegaan. Van die betogers het beweer dat die munisipaliteit twee weke gelede reeds beloof het dat water aan die Joe Slovo-streek in Tekwane-Noord gelewer sal word. Volgens die betogers was daar […]

Provinsiale busoperateur, Buscor, het ‘n mediaverklaring uitgereik waarin hy verklaar dat hy tans met minimale personeel werk. Dit is sedert die nasionale busstaking begin het. Die maatskappy het ‘n beroep gedoen op pendelaars en die publiek in die algemeen, om waaksaam te wees en om geweld – waar passasiers en bestuurders beseer kan word – […]

‘n Plaaslike man is in hegtenis geneem nadat dagga ter waarde van twintig duisend rand, in sy besit gevind is. Sandile Dlamini word aangekla van die verkoop van dwelms. Dlamini het reeds in die Eerstehoek Streekshof verskyn, en sal in aanhouding bly tot 3 Mei vir ‘n formele borgaansoek.

‘n Stapper van Pretoria moes per helikopter na die hospitaal gevlieg word nadat hy in die Tweefonteinplantasie buite Sabie, inmekaargesak het. ER24-paramedici en ander reddingswerkers is na die plantasie ontbied. ‘n Baie moeilike reddingspoging het gevolg. ‘n Helikopter van die Hoedspruit-weermagbasis het uiteindelik met die man, Andre Coetzee, na Nelspruit se Mediclinic gevlieg. Coetzee was […]

Vakansiegangers op pad Mosambiek toe, word gewaarsku dat verkeer by die Lebombo-grenspos huidiglik ongeveer ses kilometer ver voor die hekke opgehoop staan. Dit is ook belangrik om op te let dat die die grenspos nie hierdie langnaweek vier-en-twintig uur oop sal wees nie, maar volgens gewone ure te werk gaan.

Die inhegtenisname van ‘n polisieman van Skukuza in die Kruger Nasionale Park – in verband met bewerings van stropery – het veroorsaak dat die parlement se polisieportefeuljekomitee ‘n beroep doen dat alle polisiebeamptes naby nasionale parke ondersoek word. Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het gesê die arrestasie van 12 vermeende renosterstropers in die ikoniese […]

TRAC waarsku die Laeveld-publiek dat hoë verkeersvolumes op die N4-tolroete verwag word tydens die komende lang naweek. Volgens woordvoerder, Solange Soares, gaan TRAC weereens alle pogings aanwend om te verseker dat die paaie veilig bly en verkeer so glad as moontlik verloop. Soares het bygevoeg dat padgebruikers aangeraai word om Schoemanskloof eerder as die Elandsvallei-roete, […]

Die bestuur van die Kruger Nasionale Park het gewaarsku dat daaglikse kwotas by toegangshekke van toepassing sal wees tydens die komende lang naweek, vanaf Vrydag tot Dinsdag. Voornemende dagbesoekers word aangemoedig om voorafbesprekings te doen vir drie tydgleuwe. Hulle kan toegang verkry tussen 6 en 8 voormiddag, 8 en 10 voormiddag of ná tienuur. Die […]

‘n Saak van strafbare manslag is geopen nadat ‘n vyfjarige kind deur ‘n minibus in Pienaar doodgery is. Die voorval het Sondag gebeur tydens ‘n argument tussen die bestuurder en sy voormalige vriendin. Die kind wou glo met die verdagte praat maar dit het volgens ooggetuies die ma ontstel waarna sy in ‘n argument met […]

Die Laeveld word hierdie jaar ook deur ‘n vroulike span in die York Rally verteenwoordig. Sussies Bianca en Yvonne Theunisson het tot dusver konstant gebly en min foute gemaak.


Current track

Title

Artist

Background