100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Protesaksie in die Laeveld bedaar

Written by on July 8, 2022

Na twee dae van protesaksie in die Laeveld is alle aanduidings dat die situasie vanoggend teruggekeer het na normaal.
Paaie is sedert Woensdag vroegoggend sporadies afgesper, na vermoede uit protes teen die verhoging in brandstofspryse.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê 37 mense is gearresteer vir openbare geweld, en vier minibus taxis is gekonfiskeer.
Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) moes bontstaan om toeriste wie se reisplanne omvêr gewerp is, by te staan. Hoofroetes is versper sowel as paaie na die Krugerwildtuin-hekke. Woensdag was die N4 vir ure lank gesluit deur proteste.
Die polisie se volle mag was ontplooi en die private sektor het helikopterpatrollies, om brandpunte te monitor en identifiseer, moontlik gemaak om die sekuriteitsgroepe se werk te verlig.
Agter die skerms het die KLCBT die ontplooiing van wetstoepassers vanaf nabygeleë dorpe na areas wat in die Laeveld geraak word gefasiliteer, en voorbrand gemaak dat die weemag ook ontplooi word. Alles het intussen bedaar.
Linda Grimbeek stem saam met Shongwe, wat sê die aksie het ekonomiese skade aangerig vanweë mense wat nie by die werk kon kom nie en verskeie ondernemings in die area wat gesluit is – soms onder dwang, en by tye as ‘n voorsorgmaatreël.
Die sekuriteits-koordineringsgroep (JOC) is Vrydagoggend deaktiveer, maar bly op bystand, sou die situasie verander.

Die JOC het rolspelers bedank vir hul ondersteuning tydens die krisis. Woordvoerder Callum Mac Pherson vra by voorbaat verskoning as hy enigiemand uitlaat wat bygedra het “deur hul tyd, slaap en soms selfs hul veiligheid op te offer om inwoners van Mbombela en omliggende areas die afgelope twee dae veilig te hou”.
Hulle is: Hi-Tech Nelspruit, Fidelity SIU, ACS Sekuriteit, Divergent Ops, Taysec Sekuriteit, Lowveld Tracking, Naspoti Security Solutions, Securicon Nelspruit, Bossies Community Justice, Nelspruit Concerned Citizens, AfriForum Nelspruit, SRRS, Urban Africa en i-Secure.
Hy het Radio Laeveld 100.5FM en Laevelder ook bedank vir hul kommunikasie met die publiek, sowel as lede van die publiek vir hul bydraes.


×