100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sporadiese protesaksie duur voort in die Laeveld

Written by on July 7, 2022

Na ‘n bedrywige aand met sporadiese padversperrings wat gister voortgeduur het, is die situasie vandag betreklik stiller.
Lees die storie oor die chaos gister hier: Protesaksie sluit Laeveldse paaie
Besoekers aan die Krugerwildtuin is gewaarsku om Phabeni-, Numbi- en Paul Krugerhekke te vermy. Die woordvoerder van die park, Ike Phaahla, sê besoekers kan die Malelane- of Orpen-hekke gebruik.
============
Opdatering 16:20
Die R40 Badplaas-aansluiting is weer oopgestel
Die R38 Verulam-pad bly versper
============
Opdatering 15:45
Die R38 tussen Barberton en Low’s Creek is weer gesluit by Verulam
Die Barberton/Badplaas-aansluiting op die R40 is versper
Die N4 is oop
Die vragmotor wat verkeer by die BP-vusltasie op die R40 verper behoort binne 30 minute verwyder te wees.
# Toegangspaaie na ondermeer Hazyview en KaNyamazane is steeds versper.
# Regeringsamptenare kan weens die proteste tot Maandag van die huis af werk.
============
Opdatering 14:00
Alle hoofroetes, insluitende die N4, is oopgestel.
Toegangspaaie na ondermeer Hazyview en KaNyamazane is steeds versper.
==============
Opdatering 13:00
Daar is geen berigte van die voorspelde onrus in Nelspruit nie.
Die N4 bly gesluit by Matsulu en Kanyamazane.
Buscor het bevestig dat alle busse sal loop op alle roetes wat oop en gaanbaar is tot op ‘n veilige punt.
===========
Opdatering: 12:05
Geen onrus is in Nelspruit aangemeld nie. Die situasie word gemonitor.
============
Opdatering 11:00
Die R38 tussen Barberton en Low’s Creek is nou ook gesluit.
Die gesamentlike operasionele bevel (JOC) van Laeveld sekuriteit sê mense moet dit liefs vermy om te reis as hulle kan. Gerugte van verdere onrus in Nelspruit is nie bevestig nie, maar is gefokus op tussen 12:00 en 13:00.
===========
Opdatering 09:40
# Die N4 is bevestig as gesluit by KaNyamazane en Matsulu.
# Paaie in die Hazyview-area word versper.
# Die KMI-lughawepad is geblok by die Lupisi-afdraai.
Die gesamentlike operasionele bevel (JOC) van Laeveld sekuriteit sê die situasie rondom Nelspruit is besig om vinnig onstabiel te raak, met verskeie roetes wat geaffekteer word. Mense moet dit liefs vermy om te reis as hulle kan.Die N4 word deur ‘n vragmotor versper by KaNyamazane en Elandshoek is gesluit vir veiligheidsredes.
Silulumanzi het aanvanklik as voorsorgmaatreël van hul kantore gesluit. Die kliëntedienssentrums Nelstraat en Grove-sentrum is weer operasioneel, maar werknemers wat instandhoudingswerk doen is steeds beperk.

Bly ingeskakel op 100.5FM om op hoogte te bly van die jongste verwikkelinge.


×