100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Geen meer voorbrande nie, sê Lefpa

Written by on August 13, 2021

Die Lowveld & Escarpment Fire Protection Association (Lefpa) sê geen verdere voorbrande moet meer gemaak word nie, omdat die brandgevaar baie hoog is hierdie tyd van die jaar.
Volgens André Scheepers van Lefpa is alle beskikbare hulpbronne en spanne op hoë gereedheid geplaas om op enige brande te reageer en die publiek te waarsku.
Tot dusver verloop die brandseisoen in die Laeveld redelik normaal. Koue fronte het ryp gebring na hoogliggende areas wat die baie brandmateriaal (wat in die veld staan na ‘n besonderse goeie reënseisoen) uitgedroog het. Met winderige toestande saam maak dit die brandgevaar baie hoog.

“Ons het ‘n redelike paar vure gehad tussen Mei en Augustus,” sê hy. “Ons vliegure is tans in die omgewing van so 250 en seker so 80 brande, wat gemiddeld is vir dié tyd van die jaar. Maar, van nou af tot aan die einde (van die brandseisoen in Oktober) kan dit amper verdubbel as ons nie versigtig is nie, en mense daar buite nalatig is.”
As jy móét brand, wag vir koel dae en raadpleeg jou bure en vir Lefpa vooraf. Scheepers maan mense egter aan om eerder vas te byt en te wag tot die reënseisoen weer begin.
Kontak Lefpa by 086-066-3473.


×