100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vlammies op pad na nasionale wetenskap-ekspo

Written by on August 13, 2021

‘n Groep van Hoërskool Bergvlam se jong wetenskaplikes is genooi om in Oktober aan die nasionale Tritech-ekspo deel te neem.
Die “Vlammies Cradle”-span bestaan uit Brian Magagula, Esther Ukpe, Jeff Simango, Nosipho Mampho en Pfumani Khoza. Hul naam is geïnspireer deur Newton’s Cradle en Pfumani sê hulle is ‘n span wat soos ‘n masjien saamwerk.
As deel van die streeksuitdunne moes hulle roomys maak. Pfumani verduidelik hoe:

Hy geniet dit om na dokumentêre reekse oor wetenskap te kyk. “Dit is interessant om uit te vind hoe dinge werk. Jy besef alles is eintlik wetenskap, elke ding wat bestaan en wat gemaak is en hoe goed werk. Selfs in rugby, bv. hoe jy tekkel, is wetenskap.”
Sy trotse wetenskaponderwyser, juf. Malanda Steyn, sê jy moet ‘n liefde daarvoor by die leerlinge kweek. “Die kinders sien die wetenskap in hul lewens raak.”
Dit is ook voordelig dat Bergvlam in elke klas ‘n interaktiewe bord het en dat die skool ‘n tegniese rigting, sowel as die akademiese rigting, aanbied.
Volgens Steyn stel hul deelname die leerders bloot aan wetenskaplikes metodes. “Tritech lei toekomstige wetenskaplikes oor die wetenskaplike verslag,” sê sy.
Die ekspo word aanlyn gedoen. Die leerlinge is van ‘n boks voorsien waaruit hulle eksperimente moes doen en hul antwoorde deur Google Forums inhandig. Dit is nog onduidelik of die nasionale kompetisie ook presies so sal plaasvind.
Die groep sien egter baie uit en is opgewonde oor die vak.
Hoërskool Bergvlam hou ook volgende week opedag. Besoek die skool se Facebook-bladsy vir meer besonderhede.


×