100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Op my eish! 2: Michelle du Toit glo elke deelnemer sal wel haar deksel vind

Written by on April 29, 2022

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde.
Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Verlede week het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe dames vervang.
Gisteraand het Francois vir Rochelle Pretorius en Michelle du Toit gegroet. Michelle het met die Ontbyt-span gesels. Luister weer hier:

Hierdie 33-jarige somatoloog van Kaapstad sê kykers kan binnekort ‘n paar skokke te wagte wees in die reeks.
Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir die tweede seisoen van Op my eish! Dit is ook op DStv Catchup beskikbaar.


×