100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Slangseisoen in die Laeveld: Dís wat jy moet weet

Written by on September 17, 2021

Dit is somer en met dit raak slange meer aktief. Soos die gesegde lui is die nie ‘n vraag óf jy dalk die een of ander tyd met een in jou huis te doen gaan kry in die Laeveld nie, maar eerder ‘n kwessie van wanneer.
Plaaslike slangvanger, Anneke van Schoor, het vir Gerhardt vertel dat die mees algemene slange wat in die Laeveld voorkom, die wipneus-kobra, boomslang, pofadder, “vine” slang, swartmamba en Mosambiekse spoegkobra is.
Vir laasgenoemde kry Lowveld Venom Suppliers die meeste oproepe, sê sy. Luister hier:

“Slange is glad nie aggressief nie, hulle is eerder verdedigend,” sê sy. “Hulle waarsku jou eers voor hulle jou byt. As jy hom sien en jy los hom uit, dan gaan jy ‘fine’ wees.”
Van Schoor vang reeds vir ses jaar slange vir Lowveld Venom Suppliers. Hulle lewer die diens gratis, omdat hulle oogmerk is om die slange te bewaar. Hulle is ook een van net drie laboratoriums in die land wat slange mag melk om noodsaaklike teengif te produseer.
Hulle wil daarom enige slang wat jy teëkom kom vang. Daar is vrywilligers regoor die area, so hulle kan ook vinnig reageer én beskik uiteraard oor die korrekte toerusting en vaardighede om dit veilig te doen.
Al wat hulle vra is dat jy ‘n oog hou op die slang. “Beweeg drie tot vier meter weg en bel ‘n slangvanger,” sê sy. “Hou hom dop. Ek kan ongelukkig nie vir vier ure soek na ‘n bruin huisslang êrens in jou drie-deur motorhuis nie.”
Kontak Van Schoor by 079-931-8744 wanneer jy hulp benodig.
Sy is ook ‘n vrywilliger vir Wild and Free Wildlife Rehabilitasiesentrum. Hulle red wilde diertjies en voëls, maak hulle groot en laat hulle weer vry in die natuur.
“Onthou, dis is onwettig om enige inheemse wilde dier as ‘n troeteldier aan te hou. Kontak ons, ons het ook oral vrywilligers wat die diere sal kom haal en Wild and Free toe neem.”

Foto: Lowveld Venom Suppliers


×