100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dubbele moord, twee gewapende rowe in Laeveld binne 24 uur

Written by on November 30, 2020

Die polisie in Barberton het ‘n mannejag geloods, nadat ‘n paartjie vroeg vanoggend in hul huis vermoor is.
Volgens die Mpumalanga-polisie se kol. Donald Mdluli het die paartjie, wat in hul middel 30’s is, ‘n kamer op ‘n erf gehuur.
Die eienaar van die erf is vasgebind en aangehou. Die verdagtes het in die slagoffers se kamer ingebreek en hulle beroof en geskiet.
Hulle is daarna glo na die paar se sake-onderneming, vermoedelik op soek na kontant. Dit is onduidelik of dit ‘n kroeg of drankwinkel is.
Die paartjie is op die toneel deur paramedici dood verklaar. ‘n Saak van moord, huisbraak en sakeroof word ondersoek.
Mdluli sê twee mans word ondervra in verband met die voorval. Enigiemand met inligting kan die polisie se luit. kol. Senzo Dawe kontak by 071-685-1364 of 086-001-0111 bel.
Sondag het twee gewapende rooftogte in Mbombela plaasgevind.
Die eerste was om ongeveer 12:00 by Valencia, toe ses mans in ‘n NP300-bakkie glo ‘n Mosambiekse paartjie by hul kar probeer beroof het.
Volgens Divergent Ops se Jacques Meiring is skote afgevuur maar niemand is beseer nie.
Enigiemand met inligting kan 086-199-1677 skakel.
Later die dag het drie gewapende mans in ‘n Silver Polo by I’langa Mall ‘n winkel beroof.
Volgens Hi-Tech Nelspruit se Callum MacPherson is hulle deur Hi-Tech se RCPU Riverside en die N4-patrollievoertuig tot naby KaNyamazane gejaag, waar die verdagtes hul voertuig agtergelaat het, en gevlug het.

Die kar en gesteelde goedere is aan die polisie oorhandig.


×