100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

77 mense aangekeer as deel van ‘Operasie Siyavutha’

Written by on May 29, 2023

‘n Totaal van 77 mense is die afgelope naweek in Mpumalanga gearresteer as deel van “Operasie Siyavutha”.
Volgens die polisie sluit die oortredings onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie asook oortreding van die Wet op Immigrasie in.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê meer as 2 385 persone en 815 voertuie is vanaf Vrydag tot Sondag deursoek.

Suksesse sluit in die arrestasie van ‘n 27-jarige taxi-bestuurder wat Vrydag by ‘n padblokkade op die N4 in besit van onwettige ammunisie betrap is.
Twee verdagtes is ook aangekeer in besit van twee AK-47’s met ammunisie in ‘n gekaapte BMW op die N12.
Daar is by 17 drinkplekke in Ehlanzeni-distrik besoek afgelê en twee tavernes is gesluit.
‘n Verdagte is verder aangekeer vir die verkoop van drank sonder ‘n lisensie in Marite.


×