100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gevalle van masels neem toe in Mpumalanga

Written by on December 19, 2022

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) sê die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes het gestyg.
In totaal is 169 laboratorium-bevestigde gevalle in die vier provinsies aangeteken vanaf 11 Oktober tot 7 Desember.
Die gevalle is hoofsaaklik onder kinders tussen vyf en nege jaar oud.
Verlede maand is drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig.
Luister weer: Waarskuwing oor uitbreking van masels in die Laeveld
Volgens die Mpumalanga Gesonheidsdepartement is daardie gevalle tussen 1 en 10 November onder drie kinders van tussen 18 maande en ses jaar oud in Lydenburg en Bosbokrand aangemeld.

Daar is nou 50 gevalle in Mpumalanga, 98 in Limpopo, 13 in die Nkaga Molema-area van Noordwes en agt in Ekhuruleni, Gauteng.
Volgens die NICD het 125 van die 169 ‘n onbekende inentingstatus, 18 is ingeënt en 26 is nie ingeënt nie.


×