100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ontvoerde vragmotorbestuurder gered

Written by on December 19, 2022

‘n 42-jarige vragmotorbestuurder is Vrydag deur wetstoepassers gered na hy Donderdag naby die Lebombo-grenspos ontvoer is.
Volgens die polisie is ‘n losprys van R50 000 by sy werkgewer geëis.
Twee verdagtes is aangekeer.
Lees ook: Vragmotorbestuurder naby Lebombo-grens ontvoer
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê ‘n windbuks, messe, verskeie selfone en ‘n groot bedrag kontant is in hul besit gevind.
Hulle sal na verwagting vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op klagte van ontvoering en die besit van gesteelde goedere.
Die ondersoek of hulle met ander voorvalle verbind kan word, duur voort.


×