100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wildtuin waarsku oor beurtkrag

Written by on December 19, 2022

Die Krugerwildtuin sê besoekers moet daarop bedag wees dat die ruskampe nie van beurtkrag kwytgestel is nie.
Kragopwekkers word ingespan, maar kan onklaar raak. Dit gebeur veral wanneer dit baie warm is en elektrisiteitsgebruik die hoogte in skiet.
Tegniese dienste is op bystand tydens die feestyd, maar besoekers is aangeraai om hul verbruik te verminder.
Die wildtuin bied die volgende wenke vir besoekers se gerief
# Skakel toebehore en ligte af wanneer dit nie in gebruik is nie.
# Sit die lugversorger af wanneer jy nie daar is nie. Stel dit ook op tussen 21 en 23 grade om die krag wat dit gebruik te verminder.
# Maak seker flitse en liggies is gelaai en het genoeg batterye. Laai selfone, skootrekenaars en die batterye vir kampyskaste wanneer jy kan. (Onthou om jou toestelle te ontkoppel vir kragstuwings wanneer elektrisiteitstoevoer herstel word).
# Maak ‘n koffiefles vol warm water voor beurtkrag inskop.
# Oorweeg dit om ‘n gasbraaier- en skottel te gebruik sowel as ‘n klein herlaaibare waaier.
# Hou deure, vensters en gordyne toe gedurende die dag.
# Vra by ontvangs waar jy tuisgaan vir die beurtkragskedule.


×