100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende kaper aangekeer na hoëspoed-jaagtog buite Hazyview

Written by on December 16, 2022

‘n Vermeende kaper is aangekeer, en een is dood, na ‘n hoëspoed-jaagtog Woensdagoggend.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê ‘n groep van vier mans het probeer om ‘n vragmotor op die R40 naby Da Gama-dam buite Hazyview te kaap.
Die bestuurder het alarm gemaak en Netstar, Taysec Sekuriteit en die polisie het gereageer.
Die verdagtes het probeer vlug en hul voertuig het naby Majika Trust gerol.
Twee het te voet gevlug. Twee is beseer en aangekeer.
Hulle was glo ook in besit van ‘n onwettige vuurwapen.
Een van die verdagtes het aan sy beserings beswyk.
Die ander, ‘n 37-jarige man, is by die hospitaal behandel en sedertien ontslaan.
Hy behoort Maandag in die Kabokweni-hof te verskyn.
‘n Voormalige polisiesersant en ‘n vrou is onder sewe verdagtes wat ook Maandag in die Nkomazi-landdroshof moet verskyn vir beweerde ontvoering en aanranding.
Volgens die polisie het lede van die weermag om ongeveer 01:00 gisteroggend twee verdagte voertuie buite Komatipoort opgemerk en gestop.
Die 37-jarige slagoffer was een van die agt insittendes en het die bewerings van ontvoering gemaak.
Die saak is aan die polisie by Tonga oorhandig om te ondersoek.


×