Nelspruit

Page: 2

‘n Man verskyn vandag voor die Nelspruit streekshof nadat hy ‘n gewapende rooftog in die stad uitgevoer het. Die verdagte het glo op 30 Junie 2018 ‘n sakeonderneming binnegegaan en voorgegee om ‘n inspekteur te wees. Hy het na bewering na die kontantkantoor gegaan waar hy glo die toesighouer vasgebind het met maskeerband. Hy het […]

# Mbombela-inwoners word gewaarsku dat daar vandag vanaf 9 uur tot twee uur geen water in verskeie dele van die dorp sal wees nie. Dit is as gevolg van nuwe ontwikkelings-aansluitings by die The Rest Eco Estate. Die volgende gebiede sal beinvloed word: Sonheuwel Uitbreiding 8, The Rest Eco Estate, Nelspruit uitbreidings 38, 39, 40 […]

‘n Nelspruit-klub ontken gerugte dat ‘n man ‘n groep vroue met ‘n rekening van ongeveer sewe en dertig duisend rand – na ‘n aand uit – gelaat het. ‘n Verklaring van Zero13-bestuur op hul Facebook-bladsy, het probeer om die rekord reg te stel ná die gerugte op sosiale media gesirkuleer is. Daar word beweer dat […]

0 0

June 11, 2018

Vir die eerste keer ooit sal daar ‘n nasionale perdekompetisie in die Laeveld gehou word. Pondarosa Ranch net buite Nelspruit is dié voorreg gegun om die 2018 Eventing National Team Championship aan te bied. Dit word met die ponie- en junior individuele kampioenskappe gekombineer. Die skou sal ruiters so ver as Swaziland en die Wes-Kaap […]

‘n Volstruis het bewys dat dit nie net katte is wat meer as een lewe het nie, toe hy ‘n nood-operasie moes ondergaan om te voorkom dat hy doodbloei na hy ‘n diep sny opgedoen het. Nelspruit veearts Donnie Engelbrecht het gesê dat hy uitgeroep is na die toneel, nadat die volstruis in ‘n sinkplaat […]

Nelspruit moordenaar, Johan Heunis, verskyn vandag voor die Barberton Rondgaande Hooggeregshof om sy vonnis aan te hoor. Heunis, die voormalige waarnemende hoof van die Nelspruit verkeersafdeling, is skuldig bevind aan die moord op Michelle Curgenven, ‘n ma van twee seuntjies. Curgenven is in haar motorhuis doodgeskiet. In 2016 het die plaaslike hooggeregshof bevind dat die […]

‘n Voertuigverkoops-bestuurder van Nelspruit is deur die plaaslike streekshof skuldig bevind aan bedrog, en sal weer op 1 Augustus vir vonnisoplegging verskyn. Die Nasionale Vervolginsgesag het bewys dat Mark Bezuidenhout die bankbesonderhede van die Imperial Toyota-handelaar – vir wie hy gewerk het – met sy persoonlike rekeningbesonderhede vervang het. Die handelaar het ‘n verlies van […]

‘n Hoërskool-seun het na bewering ‘n ligte armbesering opgedoen nadat ‘n verdagte tydens die vroeë oggendure Vrydag by die koshuis ingebreek het. Albert Greyvenstein, van Bossies Justice, het die voorval bevestig. Hy het gesê dat die verdagte glo by ‘n nabye sakeonderneming probeer inbreek het, maar glo deur die sekerheidswag verjaag is. Dit word vermoed […]

‘n Nelspruit-man is tussen vyftien en twintig keer met ‘n mes gesteek tydens ‘n rooftog by ‘n sakeonderneming in Rapidstraat. ‘n Sekerheidswag by ‘n onderneming oorkant die straat, het gehoor hoe ‘n voertuig in iets vasry, waarna hy Hi-Tech sekuriteit ontbied het. Callum McPherson, woordvoerder, het bevestig dat hulle met hul aankoms ‘n bebloede man […]

Twee lede van die Valke het gister voor die Nelspruit streekshof op aanklagtes van korrupsie, verskyn. Petrus Doctor Nkosi, Richard Nkwanyane en ‘n derde beskuldigde, Thsepo Mabizela het voor die hof verskyn. Nkosi en Mabizela word van geldwassery aangekla, en Nkwanyane van diefstal en dwarsboming van die gereg. Nkosi het vroeer die week op ander […]


Current track

Title

Artist

Background