100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man skuldig wat by Valke-kantore inbreek

Written by on September 19, 2022

‘n Man is Vrydag in die Nelspruit-streekshof skuldig bevind op sewe klagte van huisbraak en diefstal.
Die 32-jarige Daniël Wagenaar het op 6 Maart ingebreek by die Valke-kantore in Mbombela.
Volgens kapt. Dineo Sekgotodi is hy met vingerafdrukke aan die toneel gekoppel.
Hy het versium om drie dae later, op 9 Maart, in die hof te verskyn vir twee ander huisbrake wat onderskeidelik in Julie 2019 en Desember verlede jaar gepleeg is.
Hy is dieselfde dag aangekeer na die Valke ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname bekom het.

Die saak is uitgestel tot 14 Oktober vir die voorvonnisverslag.
Verder is ‘n ondersoek aan die gang nadat vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag die naweek in ‘n motorongeluk naby Komatipoort dood is.
Hulle was van die Zonstraal-militêre basis op pad na die Makadamia-militêre basis langs die Coopersdal-pad toe die voorband gebars en hulle teen ‘n boom gebots het.
Die lede was verbonde aan Nege Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon wat onder Operasie CORONA die land se grense beveilig het.
Samewerking tussen wetstoepassers het onlangs gelei tot die terugvind van verskeie gesteelde voertuie.
‘n VW Golf 1 Velocity wat Donderdag in Shatale gekaap is, is in Phola naby Masoyi gevind.
Dieselfde dag is ‘n Toyota Corolla in Kabokweni gevind nadat dit die vorige dag tydens ‘n gewapende roof by ‘n huis in Bosbokrand gesteel is.
Niemand is nog gearresteer nie. Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die samwerking verwelkom.


×