ongeluk

Vier mense is Saterdagoggend dood toe ‘n vragmotor op die N4 naby Schagen in Nelspruit, omgeslaan het. Privaat nooddiensverskaffer, ER24, het gesê paramedici het net na agt uur op die toneel aangekom, waar hulle bevind het die vragmotor is heeltemal oopgeskeur. Al vier insittendes, drie mans en ‘n vrou, is noodlottig beseer. Hulle is op […]

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom ‘n voertuig-ongeluk waartydens twee mense by die Kruger Nasionale Park verlede week, dood is. Volgens SANParke is die twee dood nadat hulle betrokke was by ‘n ongeluk tussen die Olifants- en Letaba-kampe. SANParke het gesê die twee mense was dagbesoekers. Aanvanklike verslae dui daarop dat daar geen ander voertuig […]

Een man is dood en drie ander ernstig beseer tydens ‘n motorongeluk op die Badplaas-pad die naweek. Die ongeluk het kort voor nege Saterdagaand plaasgevind. Die slagoffer het glo sy voertuig langs die pad parkeer en uitgeklim. Hy is toe deur ‘n aankomende voertuig getref. Die aankomende voertuig het die man teen sy eie voertuig […]

Die bekende sangeres van die plaaslike groep Havanna, Ilse Muller, is glo ernstig beseer tydens ‘n kop-aan-kop botsing op die R37-pad. Laeveld klankingenieur, Dewald Scheepers, was saam met haar in die voertuig en is ook ernstig beseer. Moeti Mmusi, woordvoerder vir die Departement van Veiligheid, Veiligheid en Skakeling, het gesê daar word beweer dat ‘n […]

Twee mense is dood na ‘n Toyota Hilux bakkie gisteraand in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n taxi in die Hilltop-pas, betrokke was. Volgens ooggetuies het die bakkie in die rigting van Barberton gereis toe die bestuurder glo om ‘n draai beheer oor die voertuig  verloor het. Die bakkie het glo die klippe langs die pad […]

Drie persone is ernstig beseer tydens ‘n ongeluk vanoggend naby Ngodwana waarby twee vragmotors en een voertuig betrokke was. ‘n Vierde persoon is vir ligte beserings deur mediese personeel behandel. Die N4 sal ‘n geruime tyd toegemaak wees en motoriste is aangeraai om die Schoemanskloof-roete te gebruik. Een van die vragmotors het glo diesel, suiker […]

Verkeer in Nelspruit op die R40 vanaf Witrivier, het vanoggend tot ‘n staanstil gekom na ‘n ongeluk op Madiba Rylaan, plaasgevind het. Volgens ooggetuies het die bestuurder van ‘n bakkie met ‘n waentjie, deur ‘n rooi verkeerslig gery, en met ‘n ander voertuig gebots. Die bestuurder van die klein sedan was vasgekeer in haar voertuig […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?