Nelspruit

‘n Jong plaaslike seun se liefde vir sy hond steel die harte van Suid-Afrikaners op sosiale media nadat hy aan die slaap geraak het terwyl hy gewag het dat sy hondjie se operasie verby is. Pro-Life Pet Rescue, Rehabilitation and Adoption Agency buite Nelspruit het die prag-foto van die uitgeputte jong man gedeel wat ‘n […]

‘n Bejaarde vrou is gehospitaliseer nadat sy tydens ‘n plaasaanval herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Die slagoffer – in haar laat sestigs – is na bewering ook met ‘n stoel aangerand, en glo herhaaldelik geslaan. ‘n Foto van die bebloede slagoffer het gister op sosiale media gesirkuleer maar 100.5FM kon eers vanoggend die voorval […]

Die Hoërskool Nelspruit-padfietsryer Sias Joubert (gr.12) gaan volgende jaar vir Team Van der Group ry. Team Van der Group is is een van drie kontinentale spanne wat vir 2019 in Suid-Afrika geregistreer is. Kontinentale spanne word deur nasionale federasies beheer en het ‘n minimum van agt ryers per span. Die ander twee kontinentale spanne vir […]

Drie verdagtes is gistermiddag tydens ‘n gesamentlike operasie – tussen Nelspruit misdaadbevegters – in hegtenis geneem. Dit volg na hulle glo ‘n toeris in ‘n winkel, van haar bankkaart beroof het. Hulle het die toneel in ‘n huurvoertuig gevlug. Nadat die voertuig na die ontmoetingsplek gevolg is, is ‘n ander voertuig, wat vermoedelik betrokke was […]

Die Nelspruitse streekshof het ‘n plaaslike man skuldig bevind aan bedrog nadat hy sy werkgewer met ongeveer vyf miljoen rand bedrieg het. Mark Bezuidenhout is 10 jaar tronkstraf opgelê vir dié oortreding. Bezuidenhout het 19 voertuie aan verskeie kliënte verkoop waarna die geld in sy persoonlike bankrekening gedeponeer is. Medepligtige, Marie Niewenhys, het dan die […]

Twee van die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is nadat hulle in besit was van gevaarlike plofstowwe, is deur die Nelspruit-streekshof borgtog geweier. Mosambiekers Isidro Antonio Cossa, en Xavier Rogerio Uurindja, is nie gevra om te pleit nie en sal vandag weer voor die hof vir ‘n borgtogverhoor verskyn. Die derde verdagte, Silver Ndlovu, […]

Die Nelspruit-polisie het onthul dat ander landswye sake moontlik verband kan hou met die moord op die bejaarde Hetta Potgieter. Die 85-jarige ouma is ‘n paar weke gelede by die Macadamia Care Center in Nelspruit vermoor. Luitenant-kolonel Erhard Stroh het in die hof getuig dat die drie beskuldigdes moontlik met ander moorde in die land […]

Twee mans en een vrou is naby Krugersdorp in verband met die moord van Hetta Potgieter, in hegtenis geneem. Dit volg na ‘n intensiewe ondersoek nadat die 85-jarige ouma ‘n week gelede in die Macadamia Sorgsentrum in Nelspruit vermoor is. Die drie verdagtes, John du Plooy (26), Shaun Oosthuizen (38) en Maryna Mandy Vorster (48) […]

‘n Nelspruit vrou het gister vlugtig voor die hof verskyn op ‘n aanklagte van meineed. Die vrou, Karin Erasmus, se verskyning hou verband met die beweerde diefstal van ‘n vuurwapen op 30 Junie. Volgens ‘n polisiewoordvoerder is daar na bewering tydens ‘n polisie ondersoek na ‘n diefstal by Erasmus se huis, ontdek dat die vuurwapen […]

‘n 85-jarige vrou is dood in haar huisie by Macadamia Frail Care Centre, in Nelspruit aangetref. Die vrou, Hetta Potgieter, is glo in haar bad aangetref met ‘n serp om die nek. Haar hande was na bewering agter haar rug vasgebind. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Erhard Stroh, het gesê dat hulle ‘n saak van moord en huis-inbraak […]


Current track

Title

Artist

Background