100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog drie vas vir beweerde bedrog met beskermende kleredrag tydens pandemie

Written by on December 16, 2022

Drie addisionele verdagtes het eergister in die Nelspruit-hof verskyn op klagte van korrupsie, geldwassery, bedrog en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
Die adjunkdirekteur van eiendomsbestuur in die departement van openbare werke, Sifiso Kobus Mkhabela (42), die direkteur van Ntando MS Trading, Andiswa Dibakoane (23), en die direkteur van Ligcabo Properties, Bongani Lukhele (45), sluit aan by ses mense wat in September aangekeer is. Die monetêre waarde beloop R4,2 miljoen.
Lees meer: Ses in hof vir bedrog oor beskermende kleredrag
Volgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Ronny Monareng (50), saam met die twee ander amptenare, Magdonald Boto Sigudla (43) en Bandile Jacob Ngcebo (41), en die verskaffers Maganeleng Antony Mashego (43), Whisky Delisa Khumalo (45) en Tshidi Suzen Sedibe (43) gewerk om eise te betaal vir beskermende kleredrag wat nie gelewer is nie tydens die Covid-19-pandemie.
Elk is borgtog van R10 000 toegestaan.
Volgens die Valke het Monareng die hele proses gefasiliteer.
Die drie jongste verdagtes is elk borgtog van R15 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 19 Januarie vir verdere ondersoek.


×