Nelspruit

Page: 4

‘n Plaaslike motorfietsryer is die naweek deur ‘n groep verdagtes oorval, en met ‘n mes gesteek. Die voorval het in Henshallstraat in Nelspruit plaasgevind. Die aanvallers het daarna met die man se motorfiets gevlug. Lede van Hi-Tech Sekuriteit, wat besig was met ‘n roetine patrollie, het op die slagoffer afgekom en hom vir mediese behandeling […]

Hoërskool Bergvlam het hierdie week amptelik hulle nuwe skoolhoof, Deon Visser, verwelkom. Visser is 1 Maart reeds aangestel, maar het op 10 April amptelik die leisels by oudhoof, Annemarié Kleynhans, oorgeneem. Bergvlam-woordvoerder, Mandi Barnard, het gesê die skool is baie opgewonde om Visser te verwelkom. Sy het bygevoeg dat Visser in ‘n baie sterk akademiese […]

‘n Bulhond van Nelspruit het sy sopbeen verdien toe hy ‘n verdagte in Geelhoutstraat aangehou het totdat sy baas ‘n plaaslike sekerheidsmaatskappy kon ontbied. Die verdagte het glo by die huis probeer inbreek toe hy in die hond vasloop. Man se beste vriend het die vermeende inbreker summier in ‘n hoek vasgekeer, en na bewering […]

Daar is geen rede vir inwoners van die Stad van Nelspruit en omliggende gebiede om bekommerd te wees oor die kwaliteit van water nie. Dit is volgens Steve Schormann, DA-leier van die munisipale koukus. Die plaaslike munisipaliteit het einde verlede week hulle waterkontrak met Rand Water beëindig, waarna laasgenoemde ‘n verklaring uitgereik het om te […]

Debonairs Pizza in Nelspruit is gisteraand deur twee gewapende mans beroof. Die voorval het ongeveer sewe uur plaasgevind toe die twee verdagtes die winkel binnegegaan het, en aangedring het op die kluis se sleutel. Die personeel het nie toegang tot die kluissleutels nie, waarna die rowers met al die kontant van die dag se verkope, […]

Kerneels Kruger, die Nelspruit sakeman wat hierdie week ‘n vliegongeluk in sy Cessna oorleef het, is gisternag geopereer. Hy word tans onder sedasie gehou. Sy een long het glo platgeval en hy kan nie op oomblik sonder ‘n respiratoriese masjien asemhaal nie. Twee werwels in sy rug is tydens die operasie gebind.

Rand Water het ‘n verklaring uitgereik waarin gesê word dat Nelspruit sy kontrak met hulle, beëindig. Die verklaring lui dat alle onderhouds- en operasiekontrakwerk in Mpumalanga beëindig word. Die beëindiging sou teen einde Desember 2017 in werking getree het. Nelspruit het toe ‘n verlenging van drie maande gevra. Die nuutste verwikkelinge is kommerwekkend vir Rand […]

Die polisie ondersoek die voorval waarin ‘n polisiebeampte Dinsdagoggend geskiet en beseer is in die omgewing van ‘n kontant-in-transito rooftog buite Nelspruit. Polisiewoordvoerder, brigadier Leonard Hlathi, het bevestig dat die polisieman by die voertuigidentifikasie- en beveiligingseenheid in Komatipoort gebaseer is. Die gewonde offisier is deur reddingswerkers in ‘n nabye bos gevind, Hy het gesê hy […]

Die Komatipoort-polisieman wat tydens ‘n kontant-in-transito rooftog vroeer in die week gewond is, herstel nog in die hospitaal. Volgens brigadier Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, is dit nog onduidelik hoe die offisier, wat ‘n ongemerkte polisievoertuig bestuur het, raakgeskiet is in die omgewing van die rooftog. ‘n Verlate polisiewa, van Komatipoort, is ook op die toneel gevind. […]

Verkeer in Nelspruit op die R40 vanaf Witrivier, het vanoggend tot ‘n staanstil gekom na ‘n ongeluk op Madiba Rylaan, plaasgevind het. Volgens ooggetuies het die bestuurder van ‘n bakkie met ‘n waentjie, deur ‘n rooi verkeerslig gery, en met ‘n ander voertuig gebots. Die bestuurder van die klein sedan was vasgekeer in haar voertuig […]


Current track

Title

Artist

Background