100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Datum vasgestel vir Hillary Gardee-moordverhoor

Written by on September 19, 2022

Die saak teen die vier beweerde moordenaars van Hillary Gardee is Vrydag vanaf die Nelspruit-landdroshof na die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela oorgeplaas.

Albert Gama se borgaansoek is van die hand gewys. Die aansoek van Sipho Mkhatshwa is vroeër geweier en Philemon Lukhele en Hlabirwa Nkune het hul borgaansoeke laat vaar.

Al vier staan tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord, verkragting, ontvoering, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en regsverydeling.

Die verhoor is geskeduleer vir 11 April tot 12 Mei 2023.

============

12 September, 12:12

Die saak teen die beweerde moordenaars van Hillary Gardee is weer in die Nelspruit-landdroshof uitgestel tot Vrydag vir die aanklagte om op die beskuldigdes beteken te word.

Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, vermoor het, het Vrydag saam in die hof verskyn.

Sy is op 29 April in Nelspruit as vermis aangegee. Haar liggaam is op 3 Mei in ‘n plantasie op die Sabie-pad ontdek.

Hulle staan tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord, verkragting, ontvoering, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en regsverydeling.

Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, Monica Nyuswa, gaan Albert Gama se borgaansoek vandag voort.

Die aansoek van Sipho Mkhatshwa is reeds geweier en Philemon Lukhele en Hlabirwa Nkune het hul borgtogaansoeke laat vaar.
=============
25 Augustus, 14:15
Hlabirwa Rasie Nkune het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die moord op Hillary Gardee, wie se liggaam in Mei in ‘n plantasie buite die stad ontdek is.

Nkune word ook aangekla van die moord op drie ander vroue in Mpumalanga. Hy sal op 9 September weer verskyn saam met die ander drie aangeklaagdes in die Gardee saak: Sipho Lawrence Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Albert “Khabzela” Gama.

Hulle word aangekla van moord, verkragting, ontvoering, sameswering om te moor, regsverydeling en besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.


×