100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Thriston Lawrence wen tweede titel in Switserland

Written by on August 29, 2022

Thriston Lawrence het Engeland se Matt Wallace in ‘n uitspeelronde geklop om die OMEGA Europese Meesters in Switserland te wen.
Vir die gholfspeler, wat oorspronklik van Nelspruit is, was dit die grootste wen van sy loopbaan.
Dit is sy tweede titel op die DP Wêreldtoer hierdie seisoen.
Die 25-jarige het vroeër die Johannesburg Ope-titel ingepalm.
Hy was oornag die voorlooper, en het in die laaste ronde een onder baansyfer 69 behaal om op 18 onder syfer klaar te maak.


×