100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plan vir geraasbesoedeling in Mbombela

Written by on September 9, 2022

‘n WhatsApp-lyn waar mense kan aanmeld presies waar hulle geraas ervaar sal eersdaags bekendgestel word deur die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT).
Die kwessie van kuierplekke wat so raas dat hulle mense in woongebiede tot vroegoggend uit die slaap hou sleep al jare voort in die stad.
Volgens die KLCBT is vergaderings gehou tussen die munisipaliteit, polisie, drankraad en kuierplekke en is van die oortreders beboet.
Operasionele beampte Linda Grimbeek sê hulle sal die hernuwing van die dranklisensies van gewoonte-oortreders opponeer, en sowel as lisensievoorwaardes wat enigiemand voortaan toelaat om na middernag oop te bly.
Die WhatsApp-lyn sal inwoners in staat stel om die presiese tye en liggings aan te meld wanneer uitermatige geraas ervaar word.
Grimbeek verduidelik die uitdaging om te bepaal presies waar geraas vandaan kom.

Intussen vra sy dat alle klagtes oor voorvalle van lawaai steeds aangemeld word by 013-753-3331.


×