100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellies wens Rhinos sterkte toe met spesiale geskenk

Written by on August 26, 2022

Laerskool Nelspruit het die week “renosters” oorhandig aan Hoërskool Nelspruit (NHS) se rugbyspanne wat môre in die finale van die plaat in die Noordvaalliga speel.
Aldo van Jaarsveld en Johné Fourie, kapteins van die laerskool se eerste rugby- en netbalespanne, het saam met skoolhoof, mnr. Jaco Hauptfleisch, die beeldjies aan die kapteins en afrigters oorhandig om hul spanne sterkte toe te wens.

Die Rhinos (eerstespan) speel 13:00 teen Hoërskool Middelburg en die Baba Rhinos (o.16 A-span) 11:30 teen Hoërskool Montana. Die wedstryde vind alles by NHS plaas.


×