100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

In foto’s: Die Innibos Buitelug Familiefees

Written by on October 3, 2022

Die afgelope Innibos Buitelug Familiefees was alles wat dit beloof het om te wees en meer.
Vol doen-aktiwiteite en bekendes en pret is daar vir twee dae by Kwanyoni Lodge boog- en teiken geskiet, op ponies gery, visgevang, vir goud gepan en blind bestuur.

Baarde en bene is beoordeel. kykNET-sterre Mila Guy en Melinda Viljoen van Binnelanders sowel as Lian Bosman en Righard van Jaarsveld van die nuwe reeks, Diepe Waters wat vanaand begin was seremoniemeesters.
Bekendes het ook saam met die publiek koeke verskier wat opgeveil is ten bate van Huis Betlehem.
Die Puma-spelers het ook koek versier, en teen jongelinge tou getrek.

Elke dag is afgesluit met van die land se top musikante en kunstenaars soos Snotkop, Ricus Nel, Bernice West en Refentse asook opkomende talent soos Coenie Naudé en Duo 0260.
Nou kan jy begin regmaak vir die fees der feeste, wanneer die Innibos-kunstefees na drie jaar van anders wees in 2023 in al sy glorie terugkeer vir vier dae in die winterskoolvakansie.


×