100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Liggaam van vermiste seuntjie (8) in Tjakastad ontdek

Written by on October 3, 2022

Die polisie ondersoek die dood van ‘n agtjarige seuntjie wie se ontbindende liggaam gister in ‘n straat naby sy huis in Tjakastad ontdek is.
Hy is Vrydag by die Elukwatini-polisiestasie as vermis aangemeld.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê die plek waar hy gevind is, is voorheen sonder sukses deursoek.
‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.
Enigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel. Kontak speurkonstabel Richard Masuku by 060-637-8757.
Intussen is ‘n 35-jarige vrou vir die moord op haar eks-kêrel in Mzinti naby Komatipoort gearresteer.
Volgens die polisie was sy gister met Sipho Ngomane (35) in ‘n argument betrokke by haar huis.
Sy het hom later met ‘n steekword in sy bors in die straat aangetref, en die polisie glo sy het hom tydens hul argument gesteek.
Hy is by Tonga-hospitaal aan sy wonde dood. Sy sal na verwagting binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn.


×