100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SA Ope Spele die week in Witrivier aangebied

Written by on October 3, 2022

Atlete van sewe provinsies begin vandag deelneem aan die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuele Gestremdes se SA Ope Spele.
Dit word by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aangebied in samewerking met die provinsiale departemente van onderwys en sport.
Die woordvoerder van die Mpumalanga departement van onderwys, Gerald Sambo, sê atlete ouer as 16 jaar sal in atletiek, landloop, netbal, basketbal en futsal meeding.

Die openingseremonie is môre (Dinsdag) en die week sluit af met die eindstryde in die verskillende sportkodes wat Vrydag plaasvind.
Die departement het vandag ook met lenteskool ekstraklasse vir gr. 12-leerlinge begin.
Dit is gemik op alle skole wat verlede jaar ‘n slaagsyfer van minder as 70% behaal het.
Die klasse word tot Vrydag by 133 sentrums aangebied deur onderwysers wat gekies is op grond van hul prestasies in vorige eindeksamens.

Volgens Sambo mik die departement vanjaar vir ‘n slaagsyfer van 83%.
Die klas van 2021 kon slegs ‘n slaagsyfer van 73,6% in Mpumalanga behaal, die swakste in vyf jaar.
Intussen sê die departement hy is bekommerd oor meisies van skoolgaande ouderdom wat babas kry.
‘n Totaal van 8 830 leerlinge tussen 10 en 19 jaar oud het tussen April 2021 en Maart vanjaar geboorte gegee. Landwyd is die getal 90 000.
‘n Werkswinkel is verlede week gehou om die kwessie aan te spreek.

Strategieë sluit in om leerlinge die vaardighede te leer om gesonde besluite te neem oor verhoudings en seksualiteit, sowel as om kwessies rondom geslag en mag aan te spreek op ‘n ouderdom-toepaslike en kultureel gepaste manier wat op die wetenskap gegrond is.


×