100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Innibos Buitelug Familiefees: Alles wat jy moet weet

Written by on September 30, 2022

Daar word vandag en môre behoorlik feesgevier by die Innibos Buitelug Familiefees wat by Kwanyoni Lodge aangebied word.
Daar is iets vir elkeen se smaak: Musiek (van die land se top musikante en kunstenaars soos Snotkop, Ricus Nel, Bernice West, Refentse en vele meer), snuistery- en kunsstalletjies, versnaperinge en bier- en wyntuine.

Met hierdie fees is die klem egter op lekker doen-dinge, sê bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs.
Op die ABSA Kuierstoep is daar oulike demonstrasies waar jy onder meer jou eie wors kan leer maak, en koek versier teen kykNET-sterre.
Mila Guy en Melinda Viljoen van “Binnelanders” sowel as Lian Bosman en Righard van Jaarsveld wat te sien is in die nuwe reeks, “Diepe Waters” gaan daar wees.
Die buitelug-aktiwiteite is vir oud en jonk. Daar is boogskiet, teikenskiet, ponieritte, ‘n visvangkompetisie vir die kinders met groot pryse, toutrek met die Pumas en blinde navigasie.
Die spesiale kinderarea bied speletjies en aktiwiteite vir die kleintjies.
Jacobs deel ‘n paar praktiese reëlings met Gerhardt en Andri. Luister weer hier.

Wat jy moet weet
1) Daar is meer as genoeg gratis, veilige parkering vir feesgangers by die venue
2) Daar is ‘n ABSA-kitsbank op die terrein vir kontant
3) Kaartjies kan vooraf by Quicket gekoop word en is ook by die hek beskikbaar
4) Geen koelbokse en gazebos word toegelaat nie en ook nie troeteldiere nie.

Wat jy moet saambring
1) ‘n Kampstoel vir die aandkonsert
2) Sonskerm en ‘n hoed
3) Bring baie gees, want dit is weer tyd om te fees!

Kaartjies
Vrydag 30 September – hekke open 15:00: Volwassenes R100, penssioenarisse R50, laerskoolkinders gratis.
Saterdag 1 Oktober – hekke open 10:00: Volwassenes R150, pensioenarisse R50, laerskoolkinders gratis.

Die volledige program is beskikbaar by innibos.co.za.


×