100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Oekraïense vrou vlug van oorlog tot in Nelspruit

Written by on March 24, 2022

‘n Maand gelede, op 24 Februarie, het die ondenkbare gebeur: Rusland het Oekraïne binnegeval.
Nadiya Bezhnar (36) het met haar Suid-Afrikaanse man, Derrick, en tweejarige seuntjie uit Kiëf gevlug tot by sy broer in Nelspruit.
Van hul vriende en haar hele gesin, insluitende haar ouers en jonger broer, het agtergebly.
Nadiya sê hulle het besluit om Suid-Afrika toe te kom omdat die hele Europa bedreig word, en Suid-Afrika veiliger sal wees. Hier voel sy ook nie soos ‘n vlugteling nie, maar kan sy by familie wees.
Die enigste hulp wat sy verlang, is om die boodskap te versprei dat Suid-Afrikaners nie op die heining moet sit en passief die slagting gade slaan nie. Sy vertel in haar eie woorde. Luister hier:


×