100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Petisie geloods teen beplande naamveranderinge terwyl dienste ontbreek

Written by on May 30, 2022

‘n Petisie is opgestel om Mbombela-munisipaliteit se besluit, om 14 straatname in Nelspruit, Witrivier, Hazyview en Barberton te verander, teen te staan. Inwoners is genooi om binne 30 dae insette te lewer en nuwe name voor te stel vir die strate.
Hulle is: Piet Retief, Bester, Anderson, Brown, Ferreira, Henshall en Voortrekkerstrate in Nelspruit, sowel as Ou Pretoria-weg. In Witrivier is dit Danie Joubert en Theo Kleynhans. In Hazyview word die R40 hoofstraat geraak, sowel as Tarentaal en Stormvoëlstraat. Krugerstraat in Barberton se naam sal ook verander.
TJ Maré van We Care 4 Nelspruit, wat die petisie daarteen begin het, sê die munisipaliteit het nie geld om basiese dienste te lewer nie, maar prioritiseer naamsveranderinge.
Hy het met Ludi en Mireille gesels. Luister weer hier:

Volg die skakel na die petisie: https://www.change.org/p/stop-mbombela-street-name-changes
Skrywes met voorstelle vir nuwe name kan gerig word aan die plaaslike geografiese name komitee, vir die aandag van Cebisile Ngomane per e-pos by [email protected] of per hand afgelewer by kantoor no. Z7, gemeenskapsdiensdepartement, 7 Jonesstraat, Mbombela.


×