100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Familielede verskyn vir moord op 18-jarige skoolkind

Written by on May 31, 2022

Drie familielede van ‘n 18-jarige skoolseun het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn op klagte van moord.
Andile Sambo was ‘n gr. 10-leerling in Bhekiswako Sekondêr. Volgens die polisie is hy deur sy tante en drie familielede met ‘n sambok aangerand, omdat hy glo by hul huis in Numbi trust ‘n venster gebreek en ‘n T-hemp gesteel het.
Gladys Mashabane (51), Skholiwe Mbuyane (27) en Sandiso Mbuyane (26) is aangekeer. Die vierde verdagte word deur die polisie gesoek.
Volgens brig. Selvy Mohlala bly hulle in aanhouding tot 3 Junie wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen in die periodieke hof in Masoyi.


×