100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Borg vir adjunk-direkteur wat glo konkel oor beskermende klere

Written by on May 31, 2022

Die adjunk-direkteur van rampbestuur in die Departement van Samewerkende Regering (Cogta) is gister aangekeer vir bedrog en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Raymond Manzini (45) het saam met sy broer Chris Manzini (33), Moses Ndlovu (61) en Zalabantu Estate Trust verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy onregmatig ‘n kontrak vir beskermende kleredrag toegestaan het aan Zalabantu Estate Trust, die maatskappy van sy vriend, Ndlovu.

Manzini het hom finansieel gehelp om dit aan die departement te lewer en Ndlovu het daarna R6 miljoen in Chris se bankrekening betaal.

Elk van die beskuldigdes is gister in die Nelspruit-hof borgtog van R15 000 toegestaan. Hulle verskyn weer op 28 Julie.

Volgens die Valke word nog arrestasies verwag. Kapt. Dineo Sekgotodi het meer:


×