100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaaslike skole vier uitstekende matriekuitslae na moeilike 2020

Written by on February 23, 2021

Hoërskool Nelspruit spog vanjaar weer met ‘n 100%-slaagsyfer.
Negentig persent van die matrikulante het ook met universiteitsvrystelling geslaag.
Ernst Pieterse, die skool se dux-leerling, is een van die top tien in die provinsie.
Hy het sewe onderskeidings, ‘n 100% vir rekeningkunde en 99% in fisiese wetenskap.

Rachelle Ressa, wat ook onder die top 10-leerlinge in die provinsie is, het agt onderskeidings behaal.
Charis Brundyn, Mila de Villiers, Cherise Heyl, Jana Ingwersen, Kyla Labuschagne, Lize Louw, Suzanne Maré, Esmé Nel, Xander Rutherford, Strelza van Aardt, Lize van Biljon, Danté van der Westhuizen, Milda van Dyk en Izelle Vosloo het elk sewe A’s.
Tayla Kotzee, Mieke Prinsloo, Darika Slabbert, Adriaan Smit, Anja van Rooyen, Carmen Venter, Jumar Willemse en Wianko Woest het ses elk.
Aniska Breedt, Mia Dentan, Anika Kotze, Melissa de Clus, Maryke Nel, Milla Nel, Suzaan Nel, Charné Rossouw en Yancke Stoltz het elk vyf behaal.
Hoërskool Bergvlam het hul matriekgroep van 2020 gelukgewens met hul uitstekende uitslae en het al die onderwysers bedank vir hul harde werk wat dit moontlik gemaak het.


Rochelle Harmse en Erize de Lange is die skool se toppresteerders met ses onderskeidings elk.
Ariana Vosloo, Sufiyan Patel, Refiloe Mobeng en Adnan Larya het elk vyf A’s behaal.
Die 176 gr. 12’s het in totaal 130 onderskeidings met 126 leerders wat met universiteitsvrylating geslaag het.
By Lowveld High het 98% van matrikulante geslaag. Die groep het in totaal 120 onderskeidings tussen hulle behaal.
Lowveld High se toppresteerder, Victor Vilakazi, spog met ses onderskeidings. Sipho-esihle Mashele en Simphiwe Mashele het elk vyf A’s.
Die skool sê hulle is baie trots op al die leerlinge se prestasies, veral na die uitdagings wat 2020 aan hulle gestel het.
Hoërskool Rob Ferreira se Kyllie Mashiri het agt onderskeidings behaal. Die skool se slaagsyfer is vanjaar 97,85%.
Ander uitblinkers was Duné Buytendag met sewe onderskeidings en Abigail Jansen van Vuuren met ses. Sarang Kadampanalmana en Serisma Loots spog elk met vyf.



×