Featured
Page: 279
Alita Steenkamp Die impak van Covid-19 op toerisme wêreldwyd is enorm. Linda Grimbeek, hoof operasionele beampte van die Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism (KLCBT) sê dit is ook die geval hier in Mpumalanga, wat ʼn toerismeparadys is. “Toerisme ly nie,” sê sy, “dis morsdood. Die eerste massa kansellasies het begin toe die grense […]
Wanneer baie dinge op 26 Maart om middernag tot stilstand kom met die aanbreek van die Suid-Afrikaanse nasionale inperking wat deur pres. Ramaphosa aangekondig is, is daar sekere noodsaaklike dienste wat nie gaan sluit nie. Een daarvan is die Nasionale Bloeddiens (SANBD) wat verskeie takke in die Laeveld het. SANBD is ʼn nie-winsgewende organisasie wat bloed […]
Times Live berig dat ʼn 25-jarige Franse toeris wat op 17 Maart die Kruger Nasionale Park binnegegaan het, met die koronavirus besmet is. Die toeris het die Krugerpark se dokter besoek met ʼn effense hoë koors en ʼn seer keel. Hy was bang dat dit dalk malaria kan wees. Die groep toeriste het op 14 […]
Op Saterdagoggend 28 Maart het die getal persone wat wêreldwyd deur die koronavirus besmet is, bo die 600 000 merk gestyg tot by 601 536. Die aantal sterftes staan op 27 441. Die land waar tans die meeste gevalle aangemeld is, is die VSA met 104 256 gevalle. 1704 mense het reeds in die VSA gesterf aan die […]
Die Lebombo-grenspos was Vrydagoggend baie besig, soos Mosambiekse burgers steeds probeer het om huis toe te gaan. Suid-Afrika het om middernag met ‘n 21-dag inperkingstydperk begin. Volgens TRAC N4 woordvoerder, Solange Soares, was dit Donderdag selfs besiger. Sy sê Suid-Afrikaners word nie deur die grens na Mosambiek toegelaat nie. Mense word ook nie in Suid-Afrika […]
Kry hier hulp of inligting Die volgende paar weke van afsondering gaan op vele maniere ʼn uitdaging wees. Nie alleen word ʼn mens verhoed om buite jou erf te beweeg nie, maar baie gesinslede gaan gedwing word om vir die eerste keer vir so ʼn lang ononderbroke tydperk net in mekaar se geselskap te wees. […]
Haweloses in Mbombela sal nie in ‘n staat van inperking kan verkeer oor die volgende drie weke nie. Volgens die Mpumalangs Leadership Foundation se past. TJ Maré, sal hulle egter aanhou om mense daagliks van maaltye te voorsien. “Daar is geen staatsplan op die tafel wat ons ontvang het nie. Ons gaan as essensiële diens […]
Die polisie sal hul sigbaarheid vir die duur van die inperkingstydperk vermeerder met patrollies en padblokkades vanaf middernag. Die gesamentlike operasies sal vir die duur van die 21 dae uitgevoer word. Veral padblokkades sal in residensiële areas sowel as op provinsiale en nasionale paaie opgestel word om die beweging van mense en voertuie tot die […]
Nee, jy mag nie tydens die staat van inperking gaan draf nie. Die polisieminister, Bheki Cele, het Woensdag duidelikheid hieroor gegee. Jy mag vir die volgende drie weke ook nie buite jou erf oefen nie, en mag nie met jou hond gaan stap nie. Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Pieter Burger, sê hulle ondersteun die […]