100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Franse toeris met COVID-19 in die Krugerpark

Written by on March 29, 2020

Times Live berig dat ʼn 25-jarige Franse toeris wat op 17 Maart die Kruger Nasionale Park binnegegaan het, met die koronavirus besmet is. Die toeris het die Krugerpark se dokter besoek met ʼn effense hoë koors en ʼn seer keel. Hy was bang dat dit dalk malaria kan wees. Die groep toeriste het op 14 Maart die land binnegekom en op 17 Maart na die Kruger Nasionale Park gereis. Met die ondersoek het die dokter hom aangeraai om ook getoets te word vir COVID-19. Die toets het positief teruggekom.

Die groep van vyf toeriste het intussen die Wildtuin verlaat en verder na KwaZulu-Natal gereis waar hulle opgespoor is. Die ander vier lede het hulleself nou in isolasie geplaas.

Mpumalanga se gesondheidsdepartement het intussen al die personeel wat moontlik in kontak met die toeris was, geïdentifiseer. Hulle sal vir 14 dae streng gemonitor word om seker te maak dat hulle nie die virus onder lede het nie. Indien hulle enige teken van die virus toon, sal hulle onmiddellik getoets word vir die koronavirus, het ʼn woordvoerder van die Krugerpark, Rey Thakhuli gesê.

Die Kruger Nasionale Park sal vir die duur van die landswye inperking gesluit bly.


×