100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

COVD-19 Statistiek Saterdag 28 Maart 2020

Written by on March 29, 2020

Op Saterdagoggend 28 Maart het die getal persone wat wêreldwyd deur die koronavirus besmet is, bo die 600 000 merk gestyg tot by 601 536. Die aantal sterftes staan op 27 441. Die land waar tans die meeste gevalle aangemeld is, is die VSA met 104 256 gevalle. 1704 mense het reeds in die VSA gesterf aan die virus. Italië se getal sterftes staan op Saterdagoggend op 9134, die meeste gevalle per land in die wêreld.

In Suid-Afrika het die slegte nuus op Vrydag gebreek dat die eerste sterfgeval weens die koronavirus op Vrydagoggend 27 Maart aangemeld is. Madeleine van Wyk (48) van die noordelike voorstede in Kaapstad het saam met haar man ʼn wynplaas besoek in die Kaapse Wynlande. Daar is reeds berig dat ʼn Hollandse toeris wat die virus onder lede het, van die wynplase besoek het en sy is daar vermoedelik met die virus besmet.

Toetse wat gedoen is op nog ʼn Wes-Kaapse vrou wat vermoedelik aan die koronavirus gesterf het, het intussen getoon dat dit nie die oorsaak van haar dood was nie.

Suid-Afrika se aantal koronavirusgevalle het op Vrydagmiddag 27 Maart op 1170 gestaan, berig Business Insider South Africa. Van hierdie mense is 55 in die hospitaal, drie is op ventilators en 31 is genees.

Besoek https://sacoronavirus.co.za/ vir die nuutste inligting oor Covid-19 se verspreiding in Suid-Afrika. Bly tuis en wees veilig.

Koronanoodlyn: 0800 029 999

WhatsApp -ondersteuningslyn: 0600 123 45


×